JF OESTER

André “Jackie Chan” Visser

Aug 18, 2023

Berig Deur JF Oester

Andre spog met sy medaljes

André Visser, ’n matriekleerder aan Hoërskool Jim Fouché, en ook ons eie Jackie Chan, is ’n stil leerder, iemand wat nie eers ’n vlieg leed sal aandoen nie. Dit laat mens wonder waar hy aan sy “skop-en-boks” tegnieke kom. Die Oester het gaan inloer.

André doen al karakte vandat hy 10 jaar oud is. Van jongs af kyk hy al karate-films, en hierdeur het hy sy liefde vir hierdie sport ontdek. Sy ouers het ingestem om hom in te skryf vir karatelesse toe hy al die “moves” op tv gedoen het. Dis nou al 8 jaar gelede.

André oefen ten minste 4 ure per week by die dojo en ook nog op sy eie tyd by die huis. Hy volg geen spesifieke dieet nie, maar probeer ’n gesonde dieet en ’n gebalanseerde leefstyl handhaaf. Hy word geïnspireer deur ’n paar karate-helde, nl. Sandra Sanchez, Dougles Brose en Morgan Moss.

Toe ons by hom wou weet of hy sy “moves” op sy sussie uithaal, het hy geantwoord dat sy maar dikwels moet bontstaan vir sy karatetruuks!

André se prestasies sluit die volgende in:
André het al verskeie kere Vrystaatkleure verwerf en ook aan SA’s deelgeneem. In 2019 is hy vir die JKSSA span gekies om in Ierland by die Internasionale Kampioenskappe deel te neem. Daar het hy 9de en 5de in die werêld geëindig. In 2021 het hy ’n brons medalje by die JKS Nasionale Kampioenskappe gewen. In 2022 het hy weer ’n brons medalje by hierdie kompetisie losgeslaan. Gedurende 2023 het hy hierdie prestasie verbeter deur ’n silwer medalje te wen. André is ook ingesluit in die nasionale span om Suid-Afrika in Doebai vir die “Asian Africa Cup” Kampioenskappe, wat van 14-16 September 2023 plaasvind, te gaan verteenwoordig.

Op die vraag of Andre ’n meisie het, was daar ’n duidelike NEE! (Lyk vir my of daar maar min tyd is vir meisies.) Behalwe karate is André se ander voorliefde wild! Hy beplan om ná skool Wildsbestuur te gaan studeer, en sy groot droom is om eendag sy eie wildsplaas te hê.

Sterkte vir die Asian Africa Cup Kampioenskappe… Gaan maak JF trots en bring GOUD huis toe.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.