JF OESTER

MUSIEK – SALF VIR DIE SIEL

Jul 21, 2023

Berig Deur JF Oester

Wat is ons sonder musiek? Dit is elke dag orals om ons. Dit is hoe ons ons frustrasies en gevoelens uitkry. Dit is hoe ons onsself uitbeeld of sommer net geniet. So hier is van die top 5 liedjies in die wêreld tans.

NOMMER 1: Chemical deur die sanger Post Malone. Dié liedjie handel oor die gevoel om in ’n verhouding vasgevang te wees en nie daaruit te kan kom nie. Dit is ’n pragtige uitbeelding van wat die sanger in sy vorige verhouding ervaar het. Definitief ‘n “in my feels” tipe liedjie.

NOMMER 2: Boys a liar pt. 2 deur Pink Panthers en Ice Spice. Het jy al ooit gevoel asof jy nie goed genoeg vir iemand was nie, of asof iemand net vir jou lief is wanneer jy op jou beste is? Wel, hierdie is dan die liedjie vir jou. Dié liedjie handel oor presies dit. Plus, dit is super catchy, selfs al het jy nog nie so gevoel nie!

NOMMER 3: Calm Down deur Selena Gomez en Rema. Sommer ‘n lekker liedjie oor ’n ou wat verlief is op ’n meisie, glad nie eers ‘n cliché nie. ‘n Goeie liedjie vir jou en jou pêlle om die voete te laat jeuk!

NOMMER 4: Kill Bill deur SZA. Dié liedjie handel oor ’n vrou wat haar vorige liefde en sy nuwe meisie wil doodmaak. (Nou hiér is vir jou ’n kwaai tannie; jy wil nie aan haar slegte kant kom nie!) Dit is gelukkig net ’n spotlied.

NOMMER 5: Laaste maar nie minste nie, Flowers deur Miley Cyrus. Ná haar egskeiding van Liam Hemsworth het dié jong sanger besluit om weer haar lewe terug te neem. Flowers is ’n inspirerende liedjie oor selfliefde en om weer beheer oor jou lewe te neem. (Ek dink álmal kan met ’n bietjie selfliefde doen!)
Lekker luister!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Jan 22, 2026

2026: Hier gaat ons al weer!

"Dit begin baie rustig en dit eindig baie rof; jy moet huil in die middel en dan moet jy ontplof!” En dit is, in die woorde van Robbie Wessels, hoe dié jaar hier by Hoërskool Jim Fouché begin!

Oester KAF Jan 15, 2026

Deur die lens: JP Crous

Daar is baie min woorde wat kan beskryf hoe dit voel wanneer die Here jou in ’n posisie plaas wat mense gesê het jy nie sal kan doen nie!

Oester Nuus Nov 28, 2025

JF TOER – ‘n REIS VOL HERINNERINGE

Elke jaar sien Hoërskool Jim Fouché se leerders uit na die JF-toer wat jaarliks in die September-/Oktobervakansie plaasvind, maar wat maak die toer so opwindend dat die leerders nie kan wag om op die bus te klim en in die pad te val nie?