JF OESTER

MUSIEK – SALF VIR DIE SIEL

Jul 21, 2023

Berig Deur JF Oester

Wat is ons sonder musiek? Dit is elke dag orals om ons. Dit is hoe ons ons frustrasies en gevoelens uitkry. Dit is hoe ons onsself uitbeeld of sommer net geniet. So hier is van die top 5 liedjies in die wêreld tans.

NOMMER 1: Chemical deur die sanger Post Malone. Dié liedjie handel oor die gevoel om in ’n verhouding vasgevang te wees en nie daaruit te kan kom nie. Dit is ’n pragtige uitbeelding van wat die sanger in sy vorige verhouding ervaar het. Definitief ‘n “in my feels” tipe liedjie.

NOMMER 2: Boys a liar pt. 2 deur Pink Panthers en Ice Spice. Het jy al ooit gevoel asof jy nie goed genoeg vir iemand was nie, of asof iemand net vir jou lief is wanneer jy op jou beste is? Wel, hierdie is dan die liedjie vir jou. Dié liedjie handel oor presies dit. Plus, dit is super catchy, selfs al het jy nog nie so gevoel nie!

NOMMER 3: Calm Down deur Selena Gomez en Rema. Sommer ‘n lekker liedjie oor ’n ou wat verlief is op ’n meisie, glad nie eers ‘n cliché nie. ‘n Goeie liedjie vir jou en jou pêlle om die voete te laat jeuk!

NOMMER 4: Kill Bill deur SZA. Dié liedjie handel oor ’n vrou wat haar vorige liefde en sy nuwe meisie wil doodmaak. (Nou hiér is vir jou ’n kwaai tannie; jy wil nie aan haar slegte kant kom nie!) Dit is gelukkig net ’n spotlied.

NOMMER 5: Laaste maar nie minste nie, Flowers deur Miley Cyrus. Ná haar egskeiding van Liam Hemsworth het dié jong sanger besluit om weer haar lewe terug te neem. Flowers is ’n inspirerende liedjie oor selfliefde en om weer beheer oor jou lewe te neem. (Ek dink álmal kan met ’n bietjie selfliefde doen!)
Lekker luister!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.