JF OESTER

DRIE WINTERFLIEKS OM DIE KOUE TE VERDRYF

Jul 21, 2023

Berig Deur JF Oester

Dit is veilig om te sê dat daar hierdie jaar hoë verwagtinge vir die filmbedryf is: Nie net is ’n “lewendige-aksie” Barbie-fliek op pad nie, maar daar wag ook ’n opvolg op die wêreldbekende Mission Impossible. Oppenheimer is nog ’n fliek om voor uit te kyk.

***

Barbie-aanhangers kan uiteindelik uitsien na die splinternuwe bydrae tot die reeks. Hierdie keer sal die hoofkarakter egter ’n bietjie anders voorkom, aangesien Warner Bros. nuwe lewe in hierdie speelding geblaas het!

Die hoofintrige sentreer om Barbie en Ken, wat die tyd van hul lewe in Barbie Land het. Hulle maak egter gou kennis met die vreugdes en gevare van mense in die régte wêreld …

Dit is ook ‘n wonderlike jaar vir die miljoene aanhangers wat al jare uitsien na die volgende aflewering van Mission Impossible. Mission Impossible – Dead Reckoning Part One sal ‘n opvolg wees op die suksesvolle vorige fliek wat in 2018 vrygestel is. Tom Cruise sal weer eens voorvat in die rol van Ethan Hunt.

Onder regie van die uitmuntende Christopher Nolan, wat bekend is vir films soos Interstellar, is daar beslis hoë verwagtinge vir sy nuutste juweel, Oppenheimer.

Dié film vertel die storie van Amerikaanse fisikus, J. Robert Oppenheimer, wat ’n voorstander was van die ontwikkeling van die atoombom gedurende die Tweede Wêreldoorlog, anders bekend as die Manhattan Project.

Dit is nie nodig om enigsins ’n belangstelling in hierdie onderwerp te hê om die fliek te geniet nie. Die begroting van 100 miljoen dollar, gepaard met akteurs soos Cillian Murphy en Robert Downey Jr., sal genoeg wees om jou in die koue van die winter na die rolprentteaters te jaag!

Sal hierdie jaar se flieks stof in die oë van 2022 s’n skop? Daar is sonder enige twyfel ’n baie goeie kans. Laat ons die warmte van die opwinding wat hierdie films vir ons skep tot ons voordeel gebruik in dié koue winter wat voorlê.

 

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.