Op Woensdag, 27 Augustus, het die ATKV-jeugtak van Jim Fouché ons trots gaan wys by die Westerbloem Ouetehuis. Ons het nie net gegaan om koekies te eet en koffie te drink nie (al was dit aanloklik), maar om ’n bietjie JF-gees, humor en liefde saam te vat.
POTCH: Die graad 11’s gaan groot!
Die klok lui vir die tweede laaste periode. Die klank van haastige voetstappe en opgewonde gesprekke kan regoor Hoërskool Jim Fouché gehoor word, en dit is beslis nie omdat hulle op pad klas toe is nie … Potch-kamp wag!
Skoolkoerant Augustus 2025
Skoolkoerant Augustus 2025 – Hierdie uitgawe bring vir jou al die nuus en stories wat in Augustus plaasgevind het. Blaai deur en ontdek die hoogtepunte, prestasies en gebeure wat die maand by ons skool gekleur het.
Woorde wat Wêrelde Bou…
Stel jou voor hoe die wêreld sou lyk as ons mekaar elke dag met opregte vriendelikheid en waardering tegemoet sou loop …
MAMMAS MET MERKWERK
Dit verg ‘n groot hart om ‘n juffrou te wees, maar nog ‘n groter hart om ‘n ma te wees. Maar wat van dié wondervroue wat altwee is? Hoërskool Jim Fouché spog met ‘n handvol van hierdie wondervroue.
Wat doen jý na Matriek?
Die graad 12’s van 2025 is byna oor die draak se stert. Dit was ’n druk-deur-die-Junie-eksamen, en nou is dit vasbyt-deur-die-rekord-en-eindeksamen. Nog ’n generasie leerders is op die drumpel van die grootmenswêreld.
Mensehandel – Bloemfontein óók geteiken
“Dis nie net in slegte gebiede waar kinders kwesbaar is vir mensehandel nie. Enige persoon,in enige plek, selfs in Bloemfontein, kan ’n slagoffer van mensehandel wees.” Só sê kaptein Linda Steyn van die Valke.
Meningstuk: Jonk, wild en wys?
Dis Dinsdagoggend, en ’n jong onderwyseres glip haastig deur die skoolhek; denimbaadjie oor ’n netjiese rokkie, koffiebeker in die een hand en ’n register vol lewensverhale in die ander.
Stukke van die hart: ’n Tienertoneelreis vol trane en hoop
Met verhoogligte wat skyn, harte vol spanning en drome wat groter is as die saal, het Hoërskool Jim Fouché se tienertoneelspan hul pad na Frazenburg gevind.
Nasionale Vrouedag: Waaroor die bohaai?
Kom ons as JF-leerders ondersteun mekaar en werk saam, want ek weet – saam is ons ’n rots – ’n krag om mee rekening te hou.










