JF OESTER

Wat doen jý na Matriek?

Aug 18, 2025

Berig Deur Wihan Coertzen

Die graad 12’s van 2025 is byna oor die draak se stert. Dit was ’n druk-deur-die-Junie-eksamen, en nou is dit vasbyt-deur-die-rekord-en-eindeksamen. Nog ’n generasie leerders is op die drumpel van die grootmenswêreld.

Maar … Waar beplan die matrieks om oor sewe maande te wees? Watter verskil wil hulle gaan maak? Waar wil hulle gaan studeer? Die Oester het in ’n opname antwoorde vir al hierdie moeilike vrae gevra.

Ongeveer 60% van die graad 12’s het al reeds hulle tersiêre aansoeke vir verskeie instellings ingedien. Uit hierdie groep is die populêrste kursusse Onderwys, Medies en Ingenieurswese.

Die meeste leerders sal studente by Kovsies word – ongeveer 35% van matrieks het aangedui dat hulle graag hier wil studeer! ‘n Verdere 13% het besluit om Potchefstroom as hulle hoofkeuse aan te dui, en “ek weet nie” is ook ‘n antwoord wat verskeie keer opgekom het …

‘n Klein getal – ongeveer 5% – het besluit om nie verder te studeer nie. Baie van hierdie leerders wil eerder in Amerika gaan werk, op skepe gaan vaar of hulle eie besighede begin.

Dit is veilig om te sê dat JF se matrieks van 2025 ‘n verskil gaan maak in ons samelewing. Ons wens hulle baie sterkte toe met die laaste paar vraestelle wat voorlê.

Vasbyt, Matrieks! Die einde is nou werklik naby. Moet net nie laat jou laaste skooldae te vinnig by jou verbygaan nie.

Wat doen jy na Matriek

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.