JF OESTER

Nasionale Vrouedag: Waaroor die bohaai?

Aug 8, 2025

Berig Deur Corlé Roos

Verbeel jou … Dis 1959 in Suid- Afrika, en om jou is daar meer as twintig duisend vroue van regoor die land. Julle het vreedsaam opgetrek na die Unie-gebou in Pretoria en saam los julle duisende petisies teen paswette vir Afrika-vroue voor eerste minister, J.G Strijdom, se kantoordeur. Vir ‘n halfuur lank is daar ’n doodse stilte oor die skare … en dan begin die eerste stemme opklink: “You strike a woman, you strike a rock!”

Op hierdie dag het vroue bewys dat hulle ’n stem het, en dat hulle hulle stemme kan dik maak sonder om geweld te gebruik.

En daardie selfde gees van samehorigheid op 9 Augustus 1959 leef nog steeds binne elke meisie in JF. Kom ons as JF-leerders ondersteun mekaar en werk saam, want ek weet – saam is ons ’n rots – ’n krag om mee rekening te hou.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.