JF OESTER

Die beste van alle tye…regtig!

Oct 14, 2025

Berig Deur Gé Coetzee

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Die KKNK bied verskeie vorme van teater aan, insluitend Blitsteater. Hierdie vorm van teater word aan kunstenaars verskaf om hul groot idees uit te toets, of om dit net lewe te gee.

Hierdie 20-minuut-teater word gebruik om nuwe idees tot die lewe te bring met ‘n toetsgehoor, en “Beste van alle tye” het vir seker ‘n impak gehad. Met verskeie grappe oor trou, Suid-Afrikaanse “boertjie musiek en sokkie musiek,” radiostasies en rooikoppe wat onbetroubaar is, het hierdie twee aktrises verseker daardie 20 minute die beste van alle tye was.

MET: Ané Koegelenberg en Christie van Niekerk

BRONNE:

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."