JF OESTER

BOOTLEGGERS

May 28, 2025

Berig Deur Karli Botha

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Wanneer jy by “Bootleggers,” die nuwe koffiewinkel in Preller-plein instap, kan jy dadelik die ontspanne atmosfeer aanvoel. Jy voel onmiddellik tuis soos wat die behulpsame kelners skarrel om jou te help. Hulle diens is vining en vriendelik en jy hoef glad nie lank te wag voor jy bedien word nie. Die geur van koffie wat meng met die geur van varsgebakte muffins dra by tot hierdie aangename ervaring. Die verruklike geure wat uit die kombuis sweef, laat jou mond skoon water!

Die ontwerp is baie gerieflik en goed beplan – jy en jou vriende kan gemaklik sit terwyl julle oor ’n koppie koffie opvang. Die dekor is ook stylvol en skep ’n warm en huislike atmosfeer. “Bootleggers” het ’n wye verskeidenheid op hulle spyskaart en daar is iets vir almal.

Doen jouself ’n guns en gaan maak ’n draai om so ’n bietjie van die winterkoue (en winter blues) te verdryf.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."