JF OESTER

BOOTLEGGERS

May 28, 2025

Berig Deur Karli Botha

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Wanneer jy by “Bootleggers,” die nuwe koffiewinkel in Preller-plein instap, kan jy dadelik die ontspanne atmosfeer aanvoel. Jy voel onmiddellik tuis soos wat die behulpsame kelners skarrel om jou te help. Hulle diens is vining en vriendelik en jy hoef glad nie lank te wag voor jy bedien word nie. Die geur van koffie wat meng met die geur van varsgebakte muffins dra by tot hierdie aangename ervaring. Die verruklike geure wat uit die kombuis sweef, laat jou mond skoon water!

Die ontwerp is baie gerieflik en goed beplan – jy en jou vriende kan gemaklik sit terwyl julle oor ’n koppie koffie opvang. Die dekor is ook stylvol en skep ’n warm en huislike atmosfeer. “Bootleggers” het ’n wye verskeidenheid op hulle spyskaart en daar is iets vir almal.

Doen jouself ’n guns en gaan maak ’n draai om so ’n bietjie van die winterkoue (en winter blues) te verdryf.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.