JF OESTER

Die Classic Clash Lofsangaand

May 27, 2025

Berig Deur Joané de Beer

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.

Dus word daar by die jaarlikse Classic Clash ’n lofsang-en-aanbiddingsaand gehou, waar daar beslis ’n band tussen die twee skole gevorm word deur ’n gesamentlike doel: om die Here te loof en prys. Dit was beslis weer by hierdie jaar s’n só! Die opwinding op daardie Woensdagaand was tasbaar toe al die leerders by die saal ingestap het. Met die helderkleurige ligte, die rookmasjiene en die musiekgroep van ’n plaaslike kerk op die verhoog, waarvan een van die lede ons eie juffrou Suanne was, was die JF- en Sentraal-leerders gereed om hulle stembande los te maak. Nie net was daar ’n verskeidenheid van rustige en opwindende liedjies nie, maar ook ‘n hele klompie dansbewegings. Hierdie lofprysingsgeleentheid is ook vergesel van ’n baie insiggewende boodskap deur Jim Fouché se eie juffrou Alexa.

Asof dit nie genoeg is nie, kon leerders smul aan die geurige koffie en heerlike ham-en-kaastoebies en pannekoek wat te koop was. Ná ’n hele aand vol lewendige liedjies en hoendervleisoomblikke, het die JFFJ-leiers en Sentraal-VCSV-kringleiers bymekaargekom om vir die naweek en vir mekaar te bid. Beslis nog ’n hoendervleisoomblik!

Die aand was ’n absolute sukses en is een van die vele Classic Clash-tradisies wat hier is om te bly. Dis ‘n aand wat ons herinner dat ons dalk deur skole geskei is, maar dat ons almal steeds kinders van dieselfde Here is.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.