JF OESTER

’n Nuwe jaar, nuwe vriende en hope waatlemoen!

Feb 27, 2025

Berig Deur Joané de Beer

Die Voortrekkers weet beslis hoe om die nuwe jaar op die regte noot af te skop! Die Waatlemoenfees is ’n tradisie wat al lank deur die Voorslag Kommando gehou word met die doel om die nuwe kinders wat wil aansluit, te laat welkom voel.

Dit bied ook die geleentheid vir die ou Voortrekkers om op te vang na die laaaang Desembervakansie. Oom Bertie Eimer, die kommandoleier van Voorslag, praat ook oor wat vir die jaar voorlê, en daarna is dit tyd om waatlemoen op te slurp en jou bas in die swembad te kry! Die res van die middag word net saam met vriende in die swembad of met waatlemoen in die hand geniet.

Die Waatlemoenfees is so ’n lekker manier om die jaar af te skop, en dit skep beslís ’n positiewe houding en goeie atmosfeer vir die res van 2025.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.