JF OESTER

Juffrou Helé Smith: ’n Vars briesie in die Verbruikersklas

Feb 19, 2025

Berig Deur Twané Meyer

Jufffrou Helé kom van Brandfort, net ’n klipgooi van Bloemfontein af. Daar het sy haar skoolloopbaan by Staatspresident Swart voltooi. Sy het nie op skool net netbal beoefen nie, maar het ook oor die dansvloer gesweef soos ’n ster wat die nag verlig. Ná skool het sy die kans aangegryp om haar vaardighede uit te brei om haar passies te volg. Sy het vir 4 jaar aan die Universiteit van die Vrystaat BSC Verbruikerswetenskappe studeer en daarna nog ‘n jaar NGOS (Nagraadse Onderwyssertifikaat) deur die NWU voltooi.

Juffrou Helé stap graag in haar vrye tyd, vind genot in speletjiesaande en geniet ’n goeie televisiereeks soos Yellowstone. Haar gunsteling kossoorte is sonder twyfel braaivleis, soetbrood en sushi! Volgens haar is Verbruikerstudies beslis ’n kombinasie van alles wat sy geniet soos voedsel, interieur, ontwerp, tekstiele en kleding.

Hier is nog ’n paar antwoorde van jufffrou Helé wat van haar sagte geaardheid en liefde vir die Here getuig.

Wat is Juffrou se doelwit vir 2025?
“Om my verhouding met die Here te versterk.”

Wat is Juffrou se droom as onderwyseres vir elke JF-leerder?
“Om uit te styg bo hul omstandighede en die Here te vertrou in die plan wat Hy vir elkeen se lewe het.”

Wat is Juffrou se gunsteling-aanhaling of woorde wat as motivering dien?

“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.” Fillipense 4:6

Juffrou Helé, ons hoop dat Juffrou hier by JF altyd geliefd, welkom en gerus sal voel! Ons as die JF-familie sien uit om saam met Juffrou die nuwe hoofstuk van 2025 aan te pak!

-Twané Meyer

Juffrou Helé Smith: ’n Vars briesie in die Verbruikersklas

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.