JF OESTER

Die maan se verlore familie!

Oct 24, 2024

Berig Deur Gé Coetzee

Jy mag dalk gehoor het dat die aarde ‘n tweede maan gaan kry! Die naam van die “nuwe” maan is… 2024 PT5? Briljante naam NASA.

Alhoewel hulle nie heeltemal verkeerd is nie, is daar wel bietjie fout met hulle stelling. Die enigste rede waarom dit ‘n “maan” genoem word, is omdat NASA wil hê dat almal daaroor moet praat, maar in werklikheid kry die Aarde net ‘n asteroïde by, wat aangetrek word deur die aarde se gravitasie.

Hierdie “tweede maan” sal die wêreld vanaf die 29ste September 2024 tot die 25ste November 2024 besoek! Daarna gaan dit ons verlaat om na die res van ons sonnestelsel te gaan kyk.

Wag! Sit daardie teleskoop in jou hande neer! Voordat jy uithardloop en gaan soek vir hierdie maan moet jy éérs hierdie hoor: “There’s no way for small telescopes to see this mini-moon. It’s far too small — about the size of a bus. Only the world’s largest telescopes can detect it, or a very long exposure is required,” het dr. David Reitzel, ‘n sterrekundedosent by Griffith Observatory, vir Nexstar’s KTLA gesê.

Vir ‘n meer akkurate afmeting (vir die wetenskaplikes tussen ons) word daar beweer dat die maan se deursnee net 11 meter is! Hulle het hierdie inligting uitgevind op die 7de Augustus 2024 by ATLAS, in Sutherland, Suid-Afrika. Die asteroïede het met ‘n spoed aarde toe beweeg (568,500 km per uur), maar moet nie bekommerd wees nie, want hierdie maantjie hou geen gevaar vir ons nie!

We see something like this every few years. They stick around for a few weeks to a few months and then move on. There are typically two to three such occurrences per decade,” het Reitzel gesê.

Die laaste keer wat ons ‘n “tweede maan” gehad het, was in 2020. Daardie “maan” se naam was NX1. NASA doen absoluut fantasties met hierdie name … Of nie.

Ek sluit af met die laaste woorde van dr. Reitzel:

This is a fun and somewhat rare event that isn’t visible to the naked eye, but it’s exciting to think about and can inspire people to explore the universe.

Bronne gebruik:

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.