JF OESTER

Die maan se verlore familie!

Oct 24, 2024

Berig Deur Gé Coetzee

Jy mag dalk gehoor het dat die aarde ‘n tweede maan gaan kry! Die naam van die “nuwe” maan is… 2024 PT5? Briljante naam NASA.

Alhoewel hulle nie heeltemal verkeerd is nie, is daar wel bietjie fout met hulle stelling. Die enigste rede waarom dit ‘n “maan” genoem word, is omdat NASA wil hê dat almal daaroor moet praat, maar in werklikheid kry die Aarde net ‘n asteroïde by, wat aangetrek word deur die aarde se gravitasie.

Hierdie “tweede maan” sal die wêreld vanaf die 29ste September 2024 tot die 25ste November 2024 besoek! Daarna gaan dit ons verlaat om na die res van ons sonnestelsel te gaan kyk.

Wag! Sit daardie teleskoop in jou hande neer! Voordat jy uithardloop en gaan soek vir hierdie maan moet jy éérs hierdie hoor: “There’s no way for small telescopes to see this mini-moon. It’s far too small — about the size of a bus. Only the world’s largest telescopes can detect it, or a very long exposure is required,” het dr. David Reitzel, ‘n sterrekundedosent by Griffith Observatory, vir Nexstar’s KTLA gesê.

Vir ‘n meer akkurate afmeting (vir die wetenskaplikes tussen ons) word daar beweer dat die maan se deursnee net 11 meter is! Hulle het hierdie inligting uitgevind op die 7de Augustus 2024 by ATLAS, in Sutherland, Suid-Afrika. Die asteroïede het met ‘n spoed aarde toe beweeg (568,500 km per uur), maar moet nie bekommerd wees nie, want hierdie maantjie hou geen gevaar vir ons nie!

We see something like this every few years. They stick around for a few weeks to a few months and then move on. There are typically two to three such occurrences per decade,” het Reitzel gesê.

Die laaste keer wat ons ‘n “tweede maan” gehad het, was in 2020. Daardie “maan” se naam was NX1. NASA doen absoluut fantasties met hierdie name … Of nie.

Ek sluit af met die laaste woorde van dr. Reitzel:

This is a fun and somewhat rare event that isn’t visible to the naked eye, but it’s exciting to think about and can inspire people to explore the universe.

Bronne gebruik:

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.