JF OESTER

JF saai om te oes – Nee, letterlik

Jul 29, 2024

Berig Deur Jaco Deysel

Berig deur: Jaco Deysel

Saai om te Oes – ons oeroue leuse – is nie in 1959 geskryf met die vooruitsig dat leerders na 65 jaar op die JF-stoepe letterlik sal saai om te oes nie!

‘n Onlangse opname toon dat ongeveer 200 JF-leerders HayDay as hul afperiode ontspanningspeletjie verkies.

HayDay is ‘n passiewe plaasspel waar jy jou droomplaas kan ontwerp, saam met jou vriende kan vee voer, en vir verbygaande skepe en voetgangers van vars plaasprodukte kan voorsien.

Dié bekende speletjie doen die rondte van Vader Cloete by JF en sluit geen ouderdomsgroepe uit nie! Selfs die Afrikaanse onnie, juffrou Truscott, sê met nostalgie dat HayDay die “in-ding” in haar skooldae was.

Dieselfde opname toon dat 170 leerders Subway Surfers en Candy Crush verkies. Die JF-onderwysers wil ook nie iets misloop nie, met juffroue Soné Janse van Rensburg, Ninelle Jordaan én Isabel Theron wat ook graag Candy Crush in hul afperiodes geniet.

SAAI OM TE OES

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.