JF OESTER

JF saai om te oes – Nee, letterlik

Jul 29, 2024

Berig Deur Jaco Deysel

Berig deur: Jaco Deysel

Saai om te Oes – ons oeroue leuse – is nie in 1959 geskryf met die vooruitsig dat leerders na 65 jaar op die JF-stoepe letterlik sal saai om te oes nie!

‘n Onlangse opname toon dat ongeveer 200 JF-leerders HayDay as hul afperiode ontspanningspeletjie verkies.

HayDay is ‘n passiewe plaasspel waar jy jou droomplaas kan ontwerp, saam met jou vriende kan vee voer, en vir verbygaande skepe en voetgangers van vars plaasprodukte kan voorsien.

Dié bekende speletjie doen die rondte van Vader Cloete by JF en sluit geen ouderdomsgroepe uit nie! Selfs die Afrikaanse onnie, juffrou Truscott, sê met nostalgie dat HayDay die “in-ding” in haar skooldae was.

Dieselfde opname toon dat 170 leerders Subway Surfers en Candy Crush verkies. Die JF-onderwysers wil ook nie iets misloop nie, met juffroue Soné Janse van Rensburg, Ninelle Jordaan én Isabel Theron wat ook graag Candy Crush in hul afperiodes geniet.

SAAI OM TE OES

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester Sport Sportuur Aug 25, 2026

JF vs Grey: Wie sê dis verby?

As jy op 3 Augustus 2026 langs die hokkieveld gestaan het, sou jy dalk vibreer het van opgewondenheid, maar ook ’n tikkie spanning. Want JF se eerste span het teen Grey in die halfeindstryd gespeel, en met Grey se sterk geskiedenis in sport het niemand geweet wat om te verwag nie.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.