JF OESTER

Oppenheimer – Vernietiger van wêrelde

Aug 28, 2023

Berig Deur Wihan Coertzen

Poster van die fliek

Sedert die dag wat die uitreik aangekondig is, was daar al reeds hoë verwagtinge vir Christopher Nolan se Oppenheimer. Nadat die lokprent vrygestel is, het hierdie verwagtinge nóg groter gegroei. Almal se verwagtinge is weggeblaas.

Vir baie lyk die drie uur roltyd intimiderend. Dit voel egter asof die tyd beweeg soos in ‘n skoolvakansie – dit vlieg! Nolan kry dit reg om n mens vanaf minuut een na uur drie te vat sonder dat jy een keer gaap, en jou hart hou selde op jaag.

Die beste manier om die musiek te beskryf, is met die toneel uit Ratatouille, waar Remy vuurwerke proe as hy die kaas en aarbeie eet:
Perfek.

Die viool, klavier en harp skep ’n klankbaan soos geen ander nie. Dit skep uitstekende atmosfeer en dra ongelooflik baie by tot die opbou van spanning in die verhaal.

Die storielyn bou alles op na die val van die atoombom. Intussen word daar op Oppenheimer self gefokus, en hoe die ontwikkeling van die atoombom hom persoonlik beïnvloed het. Maar die storielyn is kompleks en ‘’n mens moet kophou om die storie heeltemal aan die einde te verstaan.

Die klimaks van die storie is natuurlik die toets van die atoombom. Wat ‘n belewenis is dit nie! Dit is ‘n kombinasie van doodse stilte, ‘n verblindende geskyn en aggressiewe, tollende vlamme. Die toneel kon nie beter vertoon word nie.

Om Oppenheimer enigiets anders as ’n meesterstuk te noem is ’n belediging. Al stel jy absoluut niks belang in atoombomme en oorloggeskiedenis nie, beveel ek sterk aan om dit op die grootste moontlike skerm te gaan beleef.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."