JF OESTER

Oppenheimer – Vernietiger van wêrelde

Aug 28, 2023

Berig Deur Wihan Coertzen

Poster van die fliek

Sedert die dag wat die uitreik aangekondig is, was daar al reeds hoë verwagtinge vir Christopher Nolan se Oppenheimer. Nadat die lokprent vrygestel is, het hierdie verwagtinge nóg groter gegroei. Almal se verwagtinge is weggeblaas.

Vir baie lyk die drie uur roltyd intimiderend. Dit voel egter asof die tyd beweeg soos in ‘n skoolvakansie – dit vlieg! Nolan kry dit reg om n mens vanaf minuut een na uur drie te vat sonder dat jy een keer gaap, en jou hart hou selde op jaag.

Die beste manier om die musiek te beskryf, is met die toneel uit Ratatouille, waar Remy vuurwerke proe as hy die kaas en aarbeie eet:
Perfek.

Die viool, klavier en harp skep ’n klankbaan soos geen ander nie. Dit skep uitstekende atmosfeer en dra ongelooflik baie by tot die opbou van spanning in die verhaal.

Die storielyn bou alles op na die val van die atoombom. Intussen word daar op Oppenheimer self gefokus, en hoe die ontwikkeling van die atoombom hom persoonlik beïnvloed het. Maar die storielyn is kompleks en ‘’n mens moet kophou om die storie heeltemal aan die einde te verstaan.

Die klimaks van die storie is natuurlik die toets van die atoombom. Wat ‘n belewenis is dit nie! Dit is ‘n kombinasie van doodse stilte, ‘n verblindende geskyn en aggressiewe, tollende vlamme. Die toneel kon nie beter vertoon word nie.

Om Oppenheimer enigiets anders as ’n meesterstuk te noem is ’n belediging. Al stel jy absoluut niks belang in atoombomme en oorloggeskiedenis nie, beveel ek sterk aan om dit op die grootste moontlike skerm te gaan beleef.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.