JF OESTER

Bokke, wys jul staal!

Oct 27, 2023

Berig Deur JF Oester

Michael Steele

Die Rugby Wêreldbekertoernooi word tans in Frankryk aangebied (van 8 September tot 28 Oktober 2023). Hierdie tradisie is al dekades oud, aangesien die eerste Rugbywêreldbeker in 1987 in sowel Australië as Nieu-Seeland plaasgevind het. Die mees onlangse toernooi is in 2019 in Japan gehou, waar Suid-Afrika as die wêreldkampioene met die Webb Ellis-trofee weggestap het. Die verwagting dat die Bokke wéér so sal maak, is dus groot.

Die mees senutergende deel van die 2023-rugbyskouspel het nou aangebreek. Vir sommige spanne was die pad na die eindstryd vanjaar dalk makliker as gevolg van die lotings. Ook was daar ’n hele paar skokkende beslissings deur wedstrydbeamptes wat ’n span of twee van ’n plek in die top agt beroof het.

Die grootste nuus rakende die 2023-toernooi behoort egter aan Australië. Eddie Jones en sy Wallabies was skokkend swak en het vir die eerste keer ooit teen Fiji verloor. Hulle het dit opgevolg met ‘n rekordnederlaag teen Wallis, en vir die eerste keer ooit in Aussie-geskiedenis het hulle nie die kwarteindstryd in die Wêreldbeker gehaal nie. Eina!

Maar die tyd vir praatjies is nou verby. Slegs twéé spanne kon deurdring na die finale, en die pot was behoorlik aan die kook! Uiteindelik is dit Suid-Afrika en Nieu-Zeeland wat mekaar

Saterdag, 28 Oktober, die stryd gaan aansê! Die Engelsman Wayne Barnes gaan as skeidsregter vir Saterdag se Wêreldbeker-eindstryd optree.

Hierdie jaar se eindstryd gaan legendaries wees, watn beide die Springbokke en die All Blacks sal albei vanjaar poog om die eerste span te word om die Wêreldbeker vier keer omhoog te hou.

Die All Blacks-breier, Ian Forster, glo sy span kan hierdie jaar weer die Wêreldbeker wen, ten spyte van hul nederlaag vroeër teen die Springbokke. En ten spyte van die broekskeur-oorwinnings wat die Springbokke agter die rug het, het spelers soos Handré Pollard, Ox Nché en Vincent Koch ons bewys dat die Bokke reg is vir die groot oomblik, afgesien van die feit dat die druk enorm is.

Die droom wat die Springbokke het om die Webb Ellis-troffee suksesvol te verdedig, is dus nog springlewendig!

Die braaihout lê reg en die biltong is gekerf. Kom ons hoop die Jacques en Rassie het n goeie “gameplan” sodat ondersteuners se bloeddruk nie hoër as menslike IK opgejaag word nie.

As die Wêreldbekereindfluitjie Saterdagaand in Frankryk vir die laaste keer vir die twee mededingende spanne geblaas word, staan die Bok-ondersteuners reg om die Wêreldbekerpad trots saam met die hele nasie te stap.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.