JF OESTER

Provinsiale Kamp Groot Avontuur

Jul 31, 2024

Berig Deur Gé Coetzee
Toe breek die bus.
Berig deur: Gé Coetzee

Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin!

Sewe klubs uit die Vrystaat het aan die Provinsiale Kamp deelgeneem, en dit was soos altyd ’n absolute avontuur! Al die klubs het bymekaar gekom as ’n eenheid… totdat ons in ons spanne verdeel is!

Die avontuur het ’n bietjie rof begin met ’n band wat gebars het 4 km voor Dewetsdrop.  Maar soos altyd maak die Kwaggas van enige iets wat oor hulle pad kom ’n oomblik om vir altyd te onthou.

Gedurende die kamp het almal op verskeie avonture gegaan. Elke klub het ’n kans gehad om hulself voor te stel deur hulle eie klubvoorstelling. On Track se personeel het ook verskeie aktiwiteite beplan wat almal daarna kon geniet, soos zip-lining, en arts & crafts (waar elkeen sy eie sleutelhouer gemaak het), verfbal (meer bekend as paintball) en dan natuurlik die aaklige, vuil, modderige en koue… OTTERGAT!

Gedurende die kamp is leerders vir hulle span vir ’n dag as groepleiers gekies. Daar is ook onderhoude gevoer oor Landsdiensleerders se ervaring van Landsdiens. Hierdie onderhoude was deel van die proses om gekeur te word vir Interprovinsiaal en Nasionaal, en natuurlik is ons eie Kwaggas voorlopers!

10 van ons lede is gekies om Nasionaal 2024 by te woon en drie van ons lede is as reserwes aangewys. Liné Fourie is ook as die senior kampleier vir 2024 gekies.

Baie geluk aan die volgende leerders:

Graad 8 tot 9

  • AJ Annandale
  • Liz-Marie Loretz
  • Lené Steyl
  • Suané Bailey

Reserwe: Damian Strydom

Graad 10 tot 12:

  • Gert Bratke
  • Sadé Fourie
  • Wiehan du Plessis
  • Liné Fourie
  • Francois Wilken

Reserwes:  Gé Coetzee en Christiaan Cromie

Liné en AJ is verder aangewys as die leiers wat die Vrystaat op die onderskeie kampe gaan lei. Geluk aan al hierdie Kwaggas met hulle puik prestasies!

Van die Kwaggas se kant af wil ons net baie dankie sê aan Maluti Landsdiens Klub, die Landsdiens Vrystaat voorsitters en On Track Adventures, asook hulle personeel wat hierdie avontuur vir ons almal moontlik gemaak het.

Nuwe leerders word uitgenooi om by die Kwagga-familie aan te sluit. Kontak Tannie Lize Fourie by 082 378 4398 as jy deel van dié wenspan wil raak.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.