JF OESTER

Provinsiale Kamp Groot Avontuur

Jul 31, 2024

Berig Deur Gé Coetzee
Toe breek die bus.
Berig deur: Gé Coetzee

Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin!

Sewe klubs uit die Vrystaat het aan die Provinsiale Kamp deelgeneem, en dit was soos altyd ’n absolute avontuur! Al die klubs het bymekaar gekom as ’n eenheid… totdat ons in ons spanne verdeel is!

Die avontuur het ’n bietjie rof begin met ’n band wat gebars het 4 km voor Dewetsdrop.  Maar soos altyd maak die Kwaggas van enige iets wat oor hulle pad kom ’n oomblik om vir altyd te onthou.

Gedurende die kamp het almal op verskeie avonture gegaan. Elke klub het ’n kans gehad om hulself voor te stel deur hulle eie klubvoorstelling. On Track se personeel het ook verskeie aktiwiteite beplan wat almal daarna kon geniet, soos zip-lining, en arts & crafts (waar elkeen sy eie sleutelhouer gemaak het), verfbal (meer bekend as paintball) en dan natuurlik die aaklige, vuil, modderige en koue… OTTERGAT!

Gedurende die kamp is leerders vir hulle span vir ’n dag as groepleiers gekies. Daar is ook onderhoude gevoer oor Landsdiensleerders se ervaring van Landsdiens. Hierdie onderhoude was deel van die proses om gekeur te word vir Interprovinsiaal en Nasionaal, en natuurlik is ons eie Kwaggas voorlopers!

10 van ons lede is gekies om Nasionaal 2024 by te woon en drie van ons lede is as reserwes aangewys. Liné Fourie is ook as die senior kampleier vir 2024 gekies.

Baie geluk aan die volgende leerders:

Graad 8 tot 9

  • AJ Annandale
  • Liz-Marie Loretz
  • Lené Steyl
  • Suané Bailey

Reserwe: Damian Strydom

Graad 10 tot 12:

  • Gert Bratke
  • Sadé Fourie
  • Wiehan du Plessis
  • Liné Fourie
  • Francois Wilken

Reserwes:  Gé Coetzee en Christiaan Cromie

Liné en AJ is verder aangewys as die leiers wat die Vrystaat op die onderskeie kampe gaan lei. Geluk aan al hierdie Kwaggas met hulle puik prestasies!

Van die Kwaggas se kant af wil ons net baie dankie sê aan Maluti Landsdiens Klub, die Landsdiens Vrystaat voorsitters en On Track Adventures, asook hulle personeel wat hierdie avontuur vir ons almal moontlik gemaak het.

Nuwe leerders word uitgenooi om by die Kwagga-familie aan te sluit. Kontak Tannie Lize Fourie by 082 378 4398 as jy deel van dié wenspan wil raak.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.