JF OESTER

2026: Hier gaat ons al weer!

Jan 22, 2026

Berig Deur Anné Roos

“Dit begin baie rustig en dit eindig baie rof; jy moet huil in die middel en dan moet jy ontplof!” En dit is, in die woorde van Robbie Wessels, hoe dié jaar hier by Hoërskool Jim Fouché begin!

Ná ’n vakansie wat na my mening nog steeds te kort was, is dit nou weer tyd om daai paar stowwerige skoolskoene aan te trek en die pad skool toe (saam met jou nuwejaarsvoornemens) aan te durf.

By Hoërskool Jim Fouché loop die opgewondenheid hoog terwyl almal hulle vakansiestories vertel, en die saal bewe omtrent van die opgewonde gedruis. Maar daar is ook diegene wat stres, soos die graadaggies wat wonder hoe hulle dit gaanregkry om nie tussen die groot klomp geboue te verdwaal nie, en of hulle ooit maatjies gaan maak ?

Elke jaar het die graad aggies ’n tema, en hierdie jaar se tema is: Dreamworks! Elke klas stel ’n sekere fliek voor. Jy lag jouself pap vir die helder oranje en skelpienk kostuums van “ The Lorax” en “Trolls”!

Die matrieks heel voor in die saal stres ook maar oor hierdie nuwe jaar. Gaan daar tyd wees vir pret en matrieksafskeidrokke … of gaan die eksamens en ekstra klasse een te veel wees?

Die leerders het groot verwagtinge vir hierdie nuwe jaar. Daar word oor en weer gesels en gewonder oor aan wat ieder en elk aan gaan deelneem, en met die kleureatletiek net om die draai, is die kompetisie sterk (maar die gees nog sterker!)

Met ñ tas vol onoorgetrekte boeke,’n rooster wat jy nogsteeds nie verstaan nie en ’n dagboek wat heeltemal te volgeprop met belangrike datums is,het die meeste van ons hierdie kwartaal ingegaan.

Wel, hier is ons nou in die spitsverkeer van ’n besige nuwe kwartaal, en al raad wat ek vir julle kan gee, is: “Klim in jou karretjie en hou maar styf aan daardie stuurwiel vas!”

Kategories

Argiewe

1 Comment

  1. Sarie Bester

    Baie mooi

    Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.