Artikel deur jou geheime bewonderaar
Die 14de Februarie is ‘n dag waarmee almal bekend is! Ja, natuurlik praat is dit Valentynsdag.
Daardie een dag waar al die enkelopende mense ‘n lekker sjokolade eet terwyl hulle romantiese komedies kyk, met ‘n boksie sneesdoekies. Die vraag is net… wanneer het Cupid sy pyl van liefde begin skiet?
1. Die Legende van St. Valentine
Almal in die hele wêreld weet al dat Februarie gesien word as die maand van liefde, maar in Amerika ken hulle Valentyns Dag ook as St. Valentine’s Day. Hierdie dag bevat oorblyfsels van beide Christenskap en antieke Romeinse tradisies.
Die Katolieke Kerk erken ten minste drie verskillende heiliges genoem Valentine of Valentinus, waarvan elkeen gemartel is. Een legende beweer dat Valentine ‘n priester was wat gedurende die derde eeu in Rome gewerk het. Mans in daardie tydperk is verbied om te trou, omdat Keiser Claudius II besluit het dat enkellopende mans beter soldate maak as mans wat getroud is met ‘n vrou en kinders. Valentine het hiervan uitgevind en besluit om jong verliefdes se huwelike in privaat te bevestig. Nadat Claudius daarvan uitgevind het, het hy vir Valentine buite Rome onthoof.
Ander stories sê dat Valentine vermoor is omdat hy Christene probeer help het om te ontsnap uit Romeinse tronke waar hulle dikwels geslaan en gemartel is. Een legende sê dat Valentine gearresteer is en die eerste “valentine” kaartjie vir iemand gegee het, ‘n meisie op wie hy verlief geraak het, die een wat by hom kom kuier het in die tronk… sy tronkbewaarder se dogter!Daar word beweer dat voordat hy gesterf het hy ‘n brief vir haar geskryf het wat afgesluit is met die woorde “From your Valentine”, ‘n uitdrukking wat mense nog tot vandag toe gebruik.
Alhoewel die waarheid agter Valentine se legende nog verlore is, beeld al die stories hom nog steeds uit as ‘n held met simpatie, maar die belangrikste, beeld hulle hom uit as ‘n romantiese figuur.
- Die ontstaan van Valentynsdag
Rondom 270 jaar n.C. was die begrafnis van Valentine, daarom glo mense dat Valentynsdag in die middel van Februarie gevier word as herdenking van St. Valentine se dood. Ander glo nou wel dat die Christen Kerk besluit het om St. Valentine se feesdag in die middel van Februarie te vier in ‘n poging om die heidense viering van Lupercalia te “verchristelik”. Lupercalia is op die 15de Februarie gevier as ‘n vrugbaarheid fees aan die Romeinse god van landbou, Faunus, en die Romeinse stigters Romulus and Remus.
Tydens die viering van dié fees, sou lede van die Luperci, ‘n orde van Romeinse priesters, by ‘n heilige grot vergader waar die babas, Romulus en Remus, glo deur ‘n wolf (of lupa) versorg is. Die priesters sou dan ‘n bok offer, as ‘n offer vir vrugbaarheid, en ‘n hond, as ‘n offer vir reiniging. Hulle het dan die bokvel in repe stroop en dit in die offerbloed gedoop. Daarna het hulle die strate ingevaar om vroue en saailande saggies met die bokvel te slaan.
Romeinse vroue was nie bang gewees nie, maar het die aanraking van die velle verwelkom omdat hulle geglo het dat dit hulle in die komende jaar meer vrugbaar sou maak. Later in die dag sou al die jong vroue in die stad, volgens die legende, hul name in ‘n groot vaas plaas. Die stad se oujongkêrels sou elkeen ‘n naam kies en met die vrou wie se naam getrek is, die volgende jaar saam spandeer. Hierdie wedstryde het dikwels in die huwelik geëindig.
- Die definisie van Valentyns dag
Lupercalia het die aanvanklike opkoms van die Christen geloof oorleef, maar was aan die einde van die 5de eeu, toe Pous Gelasius die 14de Februarie as St. Valentynsdag verklaar het, verbied aangesien dit as “on-Christelik” beskou is. Dit is eers later dat die dag met liefde geassosieer is.
Gedurende die Middeleeue is daar in die algemeen in Frankryk en Engeland geglo dat die 14de Februarie die begin van voëls se paar seisoen is. Dit het bygedra tot die idee dat Valentynsdag ‘n dag vir romanse moet wees. Die Engelse digter, Geoffrey Chaucer, was die eerste mens om St. Valentynsdag as ‘n dag van romantiese viering op te teken in sy gedig “Parliament of Fowls,” wat hy in 1375 geskryf het. Hy het geskryf: “For this was sent on Seynt Valentyne’s day / Whan every foul cometh ther to choose his mate.”
- Wie is Cupid?
Cupid word dikwels op Valentynsdag kaartjies uitgebeeld as ‘n naakte baba wat pyle van liefde na mense skiet wat dit nie verwag nie, maar die Romeinse god Cupid het onstaan in die Griekse mitologie as die Griekse god van liefde, Eros. Verslae oor sy geboorte verskil, sommige sê hy is die seun van Nyx en Erebus, terwyl ander sê dat hy die seun van Aphrodite en Ares is. Ander stel voor dat hy die seun van Iris en Zephyrus of selfs Aphrodite en Zeus is, wat beide sy pa en oupa sou gewees het.
Volgens die Griekse argaïese digters, is Eros ‘n aantreklike god wat met die emosies van gode en mense gespeel het, en goudpyle gebruik het om liefde aan te wakker en loodpyle om afkeer te saai. Dit was eers in die Hellenistiese tydperk waar hy uitgebeeld word as die ondeunde, mollige kind wat op Valentynsdag kaartjies verskyn.
- Valentynsdag geskenke
Benewens die Verenigde State, word Valentynsdag vandag in Kanada, Meksiko, die VK, Frankryk en Australië gevier.
Amerikaners het waarskynlik in die vroeë 1700’s begin om handgemaakte valentyns uit te ruil. In die 1840’s het Esther A. Howland begin om die eerste massaproduksie van valentyns geskenke in Amerika te verkoop. Howland, bekend as “Die moeder van die Valentyn,” het ingewikkelde skeppings gemaak met egte lint en kleurvolle prente wat as “scrap” bekend gestaan het.
Teen die middel van die 18de eeu, is dit baie algemeen dat vriende en geliefdes van alle sosiale klasse klein tekens van liefde of handgeskrewe notas uitruil. Teen die 1900’s, is geskrewe briewe vervang met gedrukte kaarte as gevolg van verbeteringe in druktegnologie. Gemaakte kaarte was ‘n maklike manier vir mense om hul emosies uit te beeld in ‘n tydperk waar direkte uitdrukkings van iemand se gevoelens ontmoedig is. Goedkoper kostes het ook bygedra tot die gewildheid van die stuur van Valentynsdag-groetes.Na al die eeue het Valentynsdag verseker baie verander. Dit het begin met ‘n priester en vandag kan ons by die naaste winkel ‘n teddiebeer koop wat ‘n rooi hartjie vashou. As jy graag jou Valentyn spesiaal wil laat voel, vertel hoe vêr hierdie dag gevorder het en dat dit alles die moeite werd is, sodat jy dit saam met hom of haar kan spandeer.
Bronne gebruik:
https://www.history.com/topics/valentines-day/history-of-valentines-day-2
0 Comments