JF OESTER

SAFARI COUNTRY IN DIE HARTJIE VAN DIE VRYSTAAT

Jan 24, 2025

Berig Deur Karli Botha

Op 23 November 2024 was Safari Country die plek waar elke Bloemfonteiner wou wees. Hierdie nuwe winkel het vir baie opwinding onder die inwoners van Bloem gesorg.

Safari se verwagtinge is oortref toe dié openingsdag vier keer groter was as Nelspruit s’n. Bekende gesigte was orals te sien, en skouers is geskuur met rugbyspelers soos Frans Steyn, Ruan Pienaar en Bismarck du Plessis. Brendan Peyper, Arno Jordaan, Juanita du Plessis en Bok van Blerk was ook in die omtrek. Hierdie kunstenaars het in die biertent opgetree terwyl die rugbylegendes ’n paneelbespreking gehad het oor die Wallis-toetswedstryd wat op die grootskerm gespeel is. Die kaartjies vir al die geriewe daardie dag was R100, en daar was geen ingangsfooi na die winkel nie.

Safari beskik oor die enigste 200 m skiettonnel in die Vrystaat en gaan ook betrokke wees by vuurwapenopleiding. Een van die geboue langs hierdie tak gaan omskep word in ‘n “Safari Outdoor Training” sentrum, waar opgeleide personeel verantwoordelik gaan wees vir die opleiding van vuurwapens. Alhoewel die polisie beheer wil behou oor die verkryging van vuurwapenlisensies, gaan Safari steeds behulpsaam wees deur die gebruik van ‘n elektroniese sisteem. Hierdie sisteem gaan veroorsaak dat jy slegs ongeveer 2 weke wag vir jou lisensie in plaas van 6 maande. Die sisteem gaan 6 to 8 maande neem voor dit binne werking tree.

Dieselfde opwindende klerereeks, wat tans by Safari se hoofkantoor in Pretoria beskikbaar is, kan nou ook in Bloemfontein gekry word.

Willem Immelman se idee het gerealiseer toe die heel eerste Safari in 2008 oopgemaak het. Daardie tyd was daar ’n groot behoefte aan vuurwapens. Safari brei geweldig uit met Bloemfontein wat reeds hul sewende tak is. Hulle beoog om in die toekoms nuwe takke oop te maak in Natal en in die Kaap. Die skakelbeampte sê dat die ondersteuning in Bloemfontein ongelooflik is en dat hulle te lank uit hierdie mark gebly het. Daar lê baie opwindende tye voor vir hierdie nuwe winkel, en Bloemfontein wys reeds tonne ondersteuning.

Jim Fouché wens vir Safari alle voorspoed toe met hul nuwe onderneming in die hartjie van die Vrystaat.

(Aangehegte fotos verskaf)

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester Sport Sportuur Aug 25, 2026

JF vs Grey: Wie sê dis verby?

As jy op 3 Augustus 2026 langs die hokkieveld gestaan het, sou jy dalk vibreer het van opgewondenheid, maar ook ’n tikkie spanning. Want JF se eerste span het teen Grey in die halfeindstryd gespeel, en met Grey se sterk geskiedenis in sport het niemand geweet wat om te verwag nie.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.