JF OESTER

‘n Hokkie-hart van Bloemfontein tot in Nederland

Nov 11, 2024

Berig Deur Shiloh Smith

Foto: Name van links na regs: Martsó, Janice, Liané, Tahné, Musa, Mia.

Die band wat ‘n span vorm wanneer hulle saam speel laat baie mense in bewondering.  Net só kon die JF-leerders wat die voorreg gehad het om op ‘n toer na Nederland te gaan, nie ophou beskryf wat ‘n wonderlike lewenservaring dit was nie.

Na ‘n 13-uur vlug vanuit Johannesburg, het die Suid-Afrikaanse spanne wat gekies is uiteindelik in Nederland geland, gereed om hulle liefde vir hokkie verder te kweek op die toer saam met hulle mede-spanmaats.  Die toer het vir die leerders die geleentheid gegee om nie net te ervaar hoe dit voel om in ‘n ander deel van die wêreld hokkie te speel nie, maar het óók hulle ‘n kans gegee om hulle vaardighede te verbeter, meer ondervinding op te bou en ook meer te leer oor die Nederlandse kultuur.

“Een ding wat vir my noggals uitgestaan het, was hulle geboue.”  Hierdie is wat een van die leerders gesê het oor wat hulle in Nederland gesien en beleef het.  Minder rommel wat rondlê, mense wat nie noodwendig mekaar op straat groet nie en ‘n paar vreemde geregte het die leerders gefassineer. Ham-en-kaastoebroodjies was die spanne se stapelvoedsel, maar interessante nuwe kombinasies het ook kop uitgesteek soos wat die toer gevorder het.  Een gereg wat ek verseker sal probeer, is ‘n broodjie met Nutella en sjokolade sprinkels op. Alhoewel die Nederlandse kultuur baie van ons kultuur verskil, is een ding seker… ons liefde vir hokkie is dieselfde.

Die spanne het die geleentheid gehad om teen die klubs in Nederland te speel, maar dit was nie al wat hulle gedoen het nie.  Daar is ook verskeie klinieke aangebied waar die speler as indivudi, maar ook as deel van ‘n span, meer vaardighede kon leer.  Ná ‘n wedstryd het die spanne gewoonlik om ‘n tafel saam met hulle opponente gaan sit, lekker aandete geniet en mekaar uitgevra oor hoe verskillende dinge werk in elkeen se land.  Een interessante verskil is dat daar nie sport by skole aangebied word as ‘n aktiwiteit nie, maar dat daar klubs is waarby jy aansluit wat spesialiseer in die sport waarin jy belangstel.

‘n Hoogtepunt vir die spanne was virseker toe hulle na die pretpark kon gaan waar hulle op verskeie wilde ritte kon ry.  Die spanne het nie teruggehou nie en het op elke moontlike “roller coaster” gegaan.  Hulle het hulle longe uitgeskree en gehuil van die lag soos hulle op en af gegaan het op van die wildste “rides” van hulle lewe.  Daar was ook verskeie stalletjies waar hulle aandenkings kon koop om saam te bring Suid-Afrika toe.  Al wat vir sommige leerders sleg was, is die kostes van alles daar.  Hulle raad aan leerders wat dit in die toekoms wil doen, is om vroegtydig te begin spaar, omdat daar ‘n verskeidenheid dinge is wat jy kan koop.

Terug in Bloemfontein, na die toer, sê dié bevoorregte leerders dat dit ‘n belewenis was en dat hulle dit graag weer sal wil doen as hulle die kans kry.  Hulle daag ook ander uit om sulke geleenthede aan te gryp omdat hulle nie spyt sal wees nie.

Een ding is seker: die hokkie-hart klop in elke land.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.