JF OESTER

Meteorietreën – Die ruimte reën katte en honde!

Oct 22, 2024

Die ruimte reën katte en honde!

Een van die lekkerste dinge om in die aand te doen is om na die sterre te kyk, en dan, dalk, as jy gelukkig is, ’n verskietende ster raak te sien. En hoeveel lekkerder sal dit nie wees as jy die geleentheid kry om ’n dosyn van hulle op een slag te sien nie!

Op 8 Oktober 2024 was daar ’n Draconid-meteorietreën wat, as gevolg van die orkaanseisoen, in die meeste dele van die Noordelike Halfrond waargeneem kon word.

Dié geleentheid het in die vroeë-aandure afgespeel. En alhoewel dit nie die grootste meteorietreën van die jaar was nie, was dit nog steeds ’n onvergeetlike geleentheid.

Die eienskappe wat ’n Draconid-meteorietreën so uniek maak, is juis die feit dat dit vroegaand, net nadat dit donker geword het, waargeneem kan word, in plaas van laataand soos ander meteorietreëngebeurtenisse. Ook kan daar tot 10 sigbare meteoriete binne ’n uur gesien word. En ten spyte daarvan dat dit oor die algemeen ’n baie beskeie meteorietreën is, was daar al skouspelagtige gebeurtenisse in die verlede.

Een geleentheid het in 1933 plaasgevind toe Europese kykers beweer het dat hulle tot 500 meteoriete kon waarneem, en ’n paar jaar daarna, in 1946, het waarnemers van die Verenigde State berig dat hulle tussen 50 en 100 meteoriete ’n minuut kon sien!

Die volgende meteorietreën wat sal plaasvind, alhoewel dit nie ’n Dracoind-meteorietreën gaan wees nie,  is ’n Orionids-meteorietreën op 21 tot 22 Oktober.

Foto: ñ Draconid meteorietreën.
Berig Deur: Elshari Pietersen

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.