JF OESTER

Meteorietreën – Die ruimte reën katte en honde!

Oct 22, 2024

Die ruimte reën katte en honde!

Een van die lekkerste dinge om in die aand te doen is om na die sterre te kyk, en dan, dalk, as jy gelukkig is, ’n verskietende ster raak te sien. En hoeveel lekkerder sal dit nie wees as jy die geleentheid kry om ’n dosyn van hulle op een slag te sien nie!

Op 8 Oktober 2024 was daar ’n Draconid-meteorietreën wat, as gevolg van die orkaanseisoen, in die meeste dele van die Noordelike Halfrond waargeneem kon word.

Dié geleentheid het in die vroeë-aandure afgespeel. En alhoewel dit nie die grootste meteorietreën van die jaar was nie, was dit nog steeds ’n onvergeetlike geleentheid.

Die eienskappe wat ’n Draconid-meteorietreën so uniek maak, is juis die feit dat dit vroegaand, net nadat dit donker geword het, waargeneem kan word, in plaas van laataand soos ander meteorietreëngebeurtenisse. Ook kan daar tot 10 sigbare meteoriete binne ’n uur gesien word. En ten spyte daarvan dat dit oor die algemeen ’n baie beskeie meteorietreën is, was daar al skouspelagtige gebeurtenisse in die verlede.

Een geleentheid het in 1933 plaasgevind toe Europese kykers beweer het dat hulle tot 500 meteoriete kon waarneem, en ’n paar jaar daarna, in 1946, het waarnemers van die Verenigde State berig dat hulle tussen 50 en 100 meteoriete ’n minuut kon sien!

Die volgende meteorietreën wat sal plaasvind, alhoewel dit nie ’n Dracoind-meteorietreën gaan wees nie,  is ’n Orionids-meteorietreën op 21 tot 22 Oktober.

Foto: ñ Draconid meteorietreën.
Berig Deur: Elshari Pietersen

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.