JF OESTER

Krieket Langs die Kus

Oct 4, 2024

Berig Deur Theani Botha

 Jim Fouché se eerste krieketspan trap diep spore in Mosselbaai

Jim Fouché se eerste krieketspan het ’n uitstekende reis na Mosselbaai onderneem, waar hulle al drie van hulle wedstryde gewen het, maar hulle sukses het veel verder as die telbord gestrek, aangesien hulle ook ’n paar ontspannende uitstappies bygewoon het.

Van 21 to 25 September 2024 het JF se eerste span ’n wegholoorwinning behaal toe hulle hulle opponente in al drie wedstryde verpletter het.

Met hulle openingswedstryd teen Curro van Mosselbaai het Curro eerste gekolf en 189 lopies aangeteken; almal uit. Jim Fouché het daarna die kolfblad betree en 190 lopies vir die verlies van slegs 3 paaltjies aangeteken. JF het die wedstryd dus gemaklik met 7 paaltjies gewen.

Met hulle tweede wedstryd teen Glenwood House het JF eesrte gekolf en ’n indrukwekkende 291 lopies opgestapel vir die verlies van slegs 3 paaltjies. Glenwood House het gesukkel om die druk te hanteer en is almal uitgehaal vir 161 lopies. JF het die wedstryd oorweldigend met 130 lopies gewen.

Nie net het hierdie manne ’n uitstekende wen gehad nie, maar Cobus Wilken, met 135 lopies, en Adrian de Necker, met 103 lopies, al twee nie uit nie, was betrokke in ’n rekordvennootskap om die 4de paaltjie teen Glenwood House.

Die laaste wen van die toer het plaasgevind teen Langenhoven Gimnasium. Langenhoven Gim het gesukkel om momentum op te bou en is vir slegs 51 lopies uitgeboul. Jim Fouché het hierdie teiken maklik bereik en 52 lopies aangeteken in slegs 9 boulbeurte en 5 balle, en sodoende die wedstryd met 10 paaltjies gewen.

Hoewel die span uitstekend op die krieketveld was, het die avontuur buite die veld ook baie herinneringe geskep. Tydens hulle vrye tyd op 22 September het die span op die strand by Swartvlei gaan baljaar en mekaar in die sand begrawe. Menigte spanlede, insluitende Franco de Necker, het hierdie rustydperke as die hoogtepunt van die toer beskryf. Hulle het ook hul hand aan gholf gewaag by

Sedge Links en ook by die pragtige waterval in Meiringspoort gaan swem.

Cobus Wilken sê: “Ons verwagtinge was nie om al die wedstryde te wen nie, maar om saam as span te groei aangesien ons ’n jong span is, maar al ons verwagtinge is nagekom; eintlik meer!”

Hierdie toer was vir seker ’n sukses. Met ’n 3/3 wenstreep en die vermorseling van rekords sáám met die uitstekende gees, het hierdie span ongetwyfeld diep spore in ons skool se geskiedenis getrap.

Berig deur: Theani Botha

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.