JF OESTER

Mambas maak geskiedenis!

Jul 31, 2024

Berig Deur Theani Botha

Berig deur: Theani Botha

Die Mambas sluit die seisoen af met indrukwekkende prestasies en blywende herinneringe.

Jim Fouché se eerste netbalspan het geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer in sewe jaar uitgenooi te word na die SA Skole Toernooi.

Hulle uitslae was soos volg: Hulle wen teen Waterkloof met 22/19, maar hulle verloor toe ongelukkig teen Paarl Girls met ’n baie naby telling van 21/20. Daarna wen hulle weer vir Saul Damon met 53/3 en vir NXK met 61/6. Hulle verloor egter in ’n uitspeelwedstryd teen Oranje met 22/19. Hulle speel toe vir die plek van 9 tot 15. Hulle verloor toe ongelukkig weer teen Nelspruit met 24/23 en wen vir DHS met 35/19 en Ben Voster met 35/30.

Uiteindelik het die span 13de uit 40 skole in Suid-Afrika geëindig.

Die span se reis na sukses was nie sonder uitdagings nie. Gedurende die seisoen het hulle taai teenstanders in die gesig gestaar, beserings oorkom, en hulself tot nuwe hoogtes gevoer. Hulle harde werk en deursettingsvermoë het toe vir hulle ’n plek as een van SA se top skole besorg.

Met die seisoen wat tot n einde gekom het, het die span hul laaste wedstryd met trots en vasberadenheid gespeel. Hulle het teen Burgersdorp gewen met ’n uitstekende telling van 45/16.

Al het die laaste fluitjie geblaas, sal die herinneringe, lesse wat geleer is en vriendskappe wat gevorm is, vir altyd by hulle bly. Ansuné Humphries sê: “Dit was lekker om vir oulaas saam met die span te wen, aangesien ons al van graad 8 af saam speel.”

Roechelle van der Merwe, eerstespankaptein sê: “Ek voel baie trots oor ons plek op SA’s; ons het al lank gesê ons wil SA’s toe gaan, so net om daar te kom, was al klaar ’n hoogtepunt vir ons span. Ek voel wel hartseer dat ons ons laaste game moes speel. Netbal was van kleins af ’n groot deel van my lewe, maar hierdie spesifieke span het dit soveel moeiliker gemaak om klaar te maak met skolenetbal. Hierdie span het my geleer dat dit belangrik is om te “man up” en om as kaptein iemand te wees na wie my span kan opkyk.”

Roechelle vertel ook dat sy graag volgende jaar koshuisnetbal op die Puk wil speel.

Terwyl ons die netbalseisoen groet, wens ons ons eerste netbalspan geluk met hul uitstaande prestasies. Ons sien uit na waarheen hulle elk op pad is.

STERKTE EN VOORSPOED AAN HIERDIE UITSTEKENDE SPELERS!

Mambas maak geskiedenis!

 

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.