JF OESTER

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Jul 30, 2024

Berig Deur Karli Botha

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n nagmerrie in ’n droom verander.

  • Gebruik groot woorde soos “ellendeling” of “skemerkelkie” in jou Afrikaanse opstelle om goeie punte te verseker.
  • Indien jou kosblik gesteel word, pak iets lekkers in soos ‘n brommer-bredie-broodjie; jou probleem sal gou-gou verdwyn.
  • Maak seker jy doen altyd jou huiswerk van die onderwyser wat nét in UITROEPTEKENS praat!
  • Moenie vir kwaai onderwysers sê hulle lyk kwaai nie… Dít maak hulle, wel,
  • Oppas vir die gorillas wat wissel, en duik uit die pad as die buffels wat laat is vir skeinat op jou afstorm.
  • Oefen gereeld jou fiksheid, en veral jou kuite, want drie-verdieping-klim is nie vir sissies nie.
  • As jy nie soos ‘n koei wat herkou voor jou klasmaats wil lyk nie, los maar eerder die kougom by die huis.
  • Maak seker jy is heel eerste by die snoepie, anders kan jy vergeet van daai Coke waaroor jy in Biologie gesit en droom het. (Om ‘n maatjie voor in die ry te hê by wie jy kan indruk, is ook handig.)
  • As jy nie in jou onnie se slegte boekies wil wees nie, los maar eerder die “my- hond-het-my-huiswerk-geëet” verskonings.
  • En laastens: Komplimenteer jou onderwysers; hulle is ook net mens, en boonop trek dit hulle aandag van die feit af dat jy nie vir hulle toets geleer het nie!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.