JF OESTER

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Jul 30, 2024

Berig Deur Karli Botha

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n nagmerrie in ’n droom verander.

  • Gebruik groot woorde soos “ellendeling” of “skemerkelkie” in jou Afrikaanse opstelle om goeie punte te verseker.
  • Indien jou kosblik gesteel word, pak iets lekkers in soos ‘n brommer-bredie-broodjie; jou probleem sal gou-gou verdwyn.
  • Maak seker jy doen altyd jou huiswerk van die onderwyser wat nét in UITROEPTEKENS praat!
  • Moenie vir kwaai onderwysers sê hulle lyk kwaai nie… Dít maak hulle, wel,
  • Oppas vir die gorillas wat wissel, en duik uit die pad as die buffels wat laat is vir skeinat op jou afstorm.
  • Oefen gereeld jou fiksheid, en veral jou kuite, want drie-verdieping-klim is nie vir sissies nie.
  • As jy nie soos ‘n koei wat herkou voor jou klasmaats wil lyk nie, los maar eerder die kougom by die huis.
  • Maak seker jy is heel eerste by die snoepie, anders kan jy vergeet van daai Coke waaroor jy in Biologie gesit en droom het. (Om ‘n maatjie voor in die ry te hê by wie jy kan indruk, is ook handig.)
  • As jy nie in jou onnie se slegte boekies wil wees nie, los maar eerder die “my- hond-het-my-huiswerk-geëet” verskonings.
  • En laastens: Komplimenteer jou onderwysers; hulle is ook net mens, en boonop trek dit hulle aandag van die feit af dat jy nie vir hulle toets geleer het nie!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.