JF OESTER

Wat het op die 40ste dag gebeur?

May 9, 2024

In die Bybel is 40 ’n getal wat dikwels voorkom. Maar die een waarna ek verwys, is die 40 dae ná Jesus se kruisiging en opstanding uit die dood.

Ons as Christene vier jaarliks Hemelvaart. Nadat Jesus aan die kruis gesterf het vir ons sondes en drie dae later uit die dood opgestaan het, het daar 40 dae verloop. 40 dae waartydens Jesus nog vir ’n laaste ruk op die aarde gewandel het. Jesus het op die 40ste dag met ’n wolk opgevaar na die Hemel om ons plek, daarbo by die Vader, te gaan voorberei. Sy dissipels vra Hom toe of Hy hulle nou verlaat. En Jesus antwoord:

“Nee, ek stuur die Heilige Gees om in julle harte te kom woon.”

Die Heilige Gees is ’n verteenwoordiger van Jesus, afgestuur, om ons te lei in Christus en om nooit alleen te wees nie. JF vier vandag Jesus se Hemelvaart en ons dink net vandag vir ’n oomblik langer oor die onmenslike, ongenaakbare dood wat ons Verlosser kom sterf het … vir óns sondes – sodat ons die ewige lewe kan hê.
’n Geseënde Hemelvaart, JF!

Markus 16:19

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.