JF OESTER

‘n Klankryke melodie in die hart van JF

Apr 8, 2024

Berig Deur Abigail Fivaz

Foto verskaf

Afrikaans is ‘n taal wat dikwels omskryf word as ‘n mondvol vir diegene wat dit nie van nature praat nie. Vir diegene wat in vreemde lande vertoef of vir uitgewekenes, kan dit moeilik op die tong wees en hard op die oor. Maar vir ons, hier by JF, is dit pure musiek.

By JF is daar ‘n besondere skat wat ons koester, en dit is die talent van Eduan van der Westhuizen, ’n matriekleerling wat ons verstom met sy liedjies, veral die gewilde “Swem.”

Van die begin af aan was ek geïnteresseerd in hierdie jong talent wie se naam moontlik eendag langs dié van Steve Hofmeyer gaan skitter. Oor die afgelope twee jaar, het Eduan sy eie materiaal geskryf en gekomponeer, en met die hulp van ’n produksiemaatskappy, laat hulle die woorde lewe, dansend op ’n klankgolf van emosie.

Eduan se grootste wens vir sy debuutliedjie, “SWEM”, is ‘n eenvoudige, maar kragtige een: Hy hoop dat hierdie lied elke persoon sal herinner om aan te hou swem, selfs wanneer die omstandighede teen jou is. Dit moet ’n klankryke melodie van hoop wees.

Soos die ritme van ’n vloeiende rivier sleep die woorde van “Swem” ons mee op ‘n reis van volharding. Mag Eduan van der Westhuizen se talent ons almal inspireer om nie net te swem nie, maar om te bly dryf, ongeag van wat die golwe teen ons spoel.

Diep in die hart van JF, klink die klank van Afrikaans op as ‘n musiek wat ons bind en bemoedig. En met talent soos Eduan van der Westhuizen s’n, kan ons sien dat die toekoms van ons taal helder skyn.

Berig deur: Abigail Fivaz

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.