JF OESTER

‘n Klankryke melodie in die hart van JF

Apr 8, 2024

Berig Deur Abigail Fivaz

Foto verskaf

Afrikaans is ‘n taal wat dikwels omskryf word as ‘n mondvol vir diegene wat dit nie van nature praat nie. Vir diegene wat in vreemde lande vertoef of vir uitgewekenes, kan dit moeilik op die tong wees en hard op die oor. Maar vir ons, hier by JF, is dit pure musiek.

By JF is daar ‘n besondere skat wat ons koester, en dit is die talent van Eduan van der Westhuizen, ’n matriekleerling wat ons verstom met sy liedjies, veral die gewilde “Swem.”

Van die begin af aan was ek geïnteresseerd in hierdie jong talent wie se naam moontlik eendag langs dié van Steve Hofmeyer gaan skitter. Oor die afgelope twee jaar, het Eduan sy eie materiaal geskryf en gekomponeer, en met die hulp van ’n produksiemaatskappy, laat hulle die woorde lewe, dansend op ’n klankgolf van emosie.

Eduan se grootste wens vir sy debuutliedjie, “SWEM”, is ‘n eenvoudige, maar kragtige een: Hy hoop dat hierdie lied elke persoon sal herinner om aan te hou swem, selfs wanneer die omstandighede teen jou is. Dit moet ’n klankryke melodie van hoop wees.

Soos die ritme van ’n vloeiende rivier sleep die woorde van “Swem” ons mee op ‘n reis van volharding. Mag Eduan van der Westhuizen se talent ons almal inspireer om nie net te swem nie, maar om te bly dryf, ongeag van wat die golwe teen ons spoel.

Diep in die hart van JF, klink die klank van Afrikaans op as ‘n musiek wat ons bind en bemoedig. En met talent soos Eduan van der Westhuizen s’n, kan ons sien dat die toekoms van ons taal helder skyn.

Berig deur: Abigail Fivaz

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester Sport Sportuur Aug 25, 2026

JF vs Grey: Wie sê dis verby?

As jy op 3 Augustus 2026 langs die hokkieveld gestaan het, sou jy dalk vibreer het van opgewondenheid, maar ook ’n tikkie spanning. Want JF se eerste span het teen Grey in die halfeindstryd gespeel, en met Grey se sterk geskiedenis in sport het niemand geweet wat om te verwag nie.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.