JF OESTER

JF skitter teen Diamantveld

Apr 24, 2024

Foto: Só speel mens mos rugby !! Wat ń wedstryd… Dié 0/15A span het ń blink toekoms voor hulle en wen Diamantveld 22 – 19. Christaan Jacobs (bullet) van JF 015A wat die drie gedruk het. Jani vd Merwe & Emily.  Marx

Op 20 April 2024 het Hoërskool Jim Fouché se sportterrein gegons met opgewonde leerders, gereed om op die velde uit te draf en hul onderskeie wedstryde teen Hoërskool Diamantveld in die Wesgrow-reeks te speel. Dit was nie net die leerders nie, maar ook ondersteuners wat hul vriende, familie en skool breëbors kom ondersteun het.

Elke leerder het passievol gespeel, ten spyte van ’n paar foute en beserings.

Met die uitstekende kommentaar van die gehoor en afrigters, het elke speler met ’n glimlag van die veld afgestap, trots op hulself en hul spanmaats.

Die hokkieseuns het skoonskip gemaak, terwyl die hokkiedogters slegs een wedstryd verloor het. Die netbaldogters het ook baie goeie uitslae behaal, met ’n uitstekende telling van 47 – 37 in JF se eerste span se guns. Die rugby het wel ’n bietjie swaar getrek, maar die 0/15’s het gewys wat in hulle steek en albei wedstryde gewen.

En dan, saam met al die opwinding was daar stalletjies met die heerlikste eet- en drinkgoedjies te koop. En met al die honger ondersteuners en spelers was dit beslis een van die besigste plekke op die sportterrein.

Aan die einde van ’n uitgeputte, maar bevredigende dag, kan ons maar net een dank daarvoor, en vir al die seëninge wat Hy vir ons gegee het deur die loop van die dag. Ook kan ons ’n groot dankie gee aan ons afrigters, personeel en spelers wat die instrumente was om Hoërskool Jim Fouché se naam hoog te hou.

Deur Elshari Pietersen

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.