JF OESTER

JF wys wat in hul steek by die FHP-sportdag

Mar 7, 2024

Berig Deur Ansje Bekker

Berig deur: Ansje Bekker

Hoërskool Jim Fouché het op 1 Maart 2024 met groot trots, verwagting en glimlagte die gronde van Hoërskool Fichardtpark betree. Hierdie sportdag kan beslis in die boeke opgeteken word met JF se eerste netbalspan wat ál drie hul wedstryde gewen het, die hokkiespanne wat in totaal 11 wedstryde gewen het, en die rugbyspanne wat in vyf wedstryde koning gekraai het.

Ons eerste spanne het werklik uitgeblink in hul mooi spandrag. Die groen en wit was ‘n fees vir die oog. Elke ander span wat deelgeneem het, het JF se naam ook hoog gehou. Elke netbalmeisie se tekkies het daardie bane met `n JF merk gelos; elke hokkiespeler het behoorlik met hul hokkiestokke die stof laat trek en elke rugbyspeler het hul bloed en sweet op die veld gelos. Ons as JF, is dankbaar vir hierdie afrigters en spelers.

Maar natuurlik kon JF nie hierdie uitmuntende uitslae behaal sonder die ondersteuning van hul medeskoliere nie. Om elke hoek en draai was daar ’n trotse JF-leerder in hul skoolklere. Langs elke netbalbaan, hokkie-astro en rugbyveld kon ’n JF-stem gehoor word.

Hierdie dag was vol gees. Die hitte het vir seker baie wangetjies laat brand, maar dit was alles die moeite werd. ’n Groot verskeidenheid kosstalletjies was daar om die dag nog meer gesellig te maak.

Die atmosfeer is geskep deur leerders wat vir hul spanne skree, die son wat warm brand, die reuk van ’n heerlike melkskommel, die mooiste groen JF-baadjies, en die smaak van oorwinning.

Hoërskool Jim Fouché is ’n skool waarop elke leerder ontsettend trots kan wees.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.