JF OESTER

WIT OF GROEN, JY’S ’N KAMPIOEN!

Feb 5, 2024

Berig Deur Karli Botha

“Daar is een ding wat niemand van Jim Fouché kan wegvat nie, en dit is gees!” het juffrou Jannecke Koekemoer die oggend van die kleure-atletiek laat hoor.

Orals op die skoolgronde was flitse van wit en groen soos die twee spanne geskarrel het om punte bymekaar te maak.  Die pawiljoen het behóórlik gedreun soos die leerders hulle spanmaats uit volle bors aangemoedig het om daai laaste ent voluit te hardloop.

Jim Fouché het weereens daarin geslaag om almal as ’n familie bymekaar te kry, met ouers wat vure aansteek, vriende wat mekaar ondersteun en selfs oudskoliere wat  kom inloer het.

’n Mens kon die opgewondenheid wat heers voel vibreer. Onderwysers kon al van die eerste periode af nie die leerders in toom hou nie soos wat hulle geborrel het.  Vanjaar se kleure-atletiek was ’n absolute voorreg en boonop ’n reusesukses.

Om ’n bietjie ekstra kleur aan die dag te gee het spanne mekaar in mooi versierde kruiwaens gestoot, wat gesorg het vir baie lag.  Die matrieks het tougetrek tot hulle omtrent potblou in die gesig was.  Ouers en onderwysers kon wys wat in hulle steek deur ook aflos te hardloop.  Die verbasing op die leerders se gesigte oor hoe vining hul onnies werklik is, was “priceless.”

Natuurlik was daar ook ’n weddenskap:  Indien die wit span verloor, word juffrou Koekemoer nat gegooi, en as die groen span verloor, word mnr. Henri Wilken nat gegooi.  Mnr. Wilken se dreigemente van detensie het die groen span duidelik gemotiveer, want hulle is uiteindelik as die wenners aangewys (alhoewel dit die wit span was wat die geesbeker huis toe gebring het).

Dis was werklik ’n dag waar almal hulself kon geniet en ons sien reeds uit na die volgende byeenkoms!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Feb 5, 2026

Stranger Things 5 was Teleurstellend!

Stranger Things 5 was teleurstellend. Ek en talle ander aanhangers van hierdie reeks is gelos met nog soveel vrae, en soveel dinge maak eenvoudig nie sin nie. Ja, dit was steeds vermaaklik en lekker om te kyk, maar sekere goed het my bloed laat kook.