Ons eie Faf, mnr. IW Pretorius!
Die 2024-skooljaar het afgeskop met ’n paar nuwe gesigte, waaronder ons eie Faf, mnr. IW Pretorius. Sy vakgebied is Sosiale Wetenskap en Toerisme, en Geografie was op skool sy gunstelingvak.
Meneer IW het grootgeword op ’n plaas in Smithfield-distrik en was in Zastron op skool. Hy is een van ’n tweeling en sy suster is ook ’n onderwyser.
As onderwyser wil hy graag ’n verskil maak in leerders se lewens soos wat sý onderwysers ’n verskil in sý lewe gemaak het. Op die vraag wat die lekkerste deel van onderwyser wees vir hom is, was sy antwoord dadelik “die sport” en ook as hy kan sien leerders geniet sy vak saam met hom.
Sy grootste droom is om JF leerders te help groei in sy vakgebied en op die sportveld. Hy wil ook baie graag deel word van die JF-tradisies.
Hy is lief vir die plaaslewe, jag, perdry, motorfiets ry, ski en visvang, en jy sal hom beslis meer in die buitelug sien as vasgekluister in die huis. Hierdie onderwyser is beslis sinoniem met avontuurlustig!
Kitsfeite:
Gunstelingdrankie: Koffie
Gunstelingkos: Braaivleis
Gunstelingvakansie: Bosveld in die winter en Vitamine SEE in die somer
Baie welkom by JF; ons weet Meneer se hart sal vinnig groen klop.
(Pssssst, Juffroutjies… Meneer IW is nog enkellopend!)
0 Comments