JF OESTER

JF se eie Faf de Klerk, nee Pretorius!

Feb 5, 2024

Berig Deur Hilton Bender

Ons eie Faf, mnr. IW Pretorius!

Die 2024-skooljaar het afgeskop met ’n paar nuwe gesigte, waaronder ons eie Faf, mnr. IW Pretorius. Sy vakgebied is Sosiale Wetenskap en Toerisme, en Geografie was op skool sy gunstelingvak.

Meneer IW het grootgeword op ’n plaas in Smithfield-distrik en was in Zastron op skool. Hy is een van ’n tweeling en sy suster is ook ’n onderwyser.

As onderwyser wil hy graag ’n verskil maak in leerders se lewens soos wat sý onderwysers ’n verskil in sý lewe gemaak het. Op die vraag wat die lekkerste deel van onderwyser wees vir hom is, was sy antwoord dadelik “die sport” en ook as hy kan sien leerders geniet sy vak saam met hom.

Sy grootste droom is om JF leerders te help groei in sy vakgebied en op die sportveld. Hy wil ook baie graag deel word van die JF-tradisies.

Hy is lief vir die plaaslewe, jag, perdry, motorfiets ry, ski en visvang, en jy sal hom beslis meer in die buitelug sien as vasgekluister in die huis. Hierdie onderwyser is beslis sinoniem met avontuurlustig!

Kitsfeite:

Gunstelingdrankie: Koffie

Gunstelingkos: Braaivleis

Gunstelingvakansie: Bosveld in die winter en Vitamine SEE in die somer

Baie welkom by JF; ons weet Meneer se hart sal vinnig groen klop.

(Pssssst, Juffroutjies… Meneer IW is nog enkellopend!)

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.