JF OESTER

JF – dié skool waar jy wil wees!

Jan 22, 2024

Berig Deur Jaco Deysel
12 JF Matrieks by die Dept.”Welldone function” – Onder die TOP 50 in die Vrystaat
Media 24 – Lientjie Mentz(verskaf)

JF doen dit wéér! Met ‘n 100%-matriekslaagsyfer, loop alle 2023 JF-matrikulante breëbors en kop omhoog by die JF-deure uit, reguit in die grootmenslewe in.

Almal ken teen dié tyd al die skool met die groen-en-oranje streepbaadjie by die Vrystaat se jaarlikse “Well Done”-funksie. JF pronk egter hierdie jaar met ’n verstommende 13 leerders wat na hierdie prestige prysuitdeling genooi is – die meeste leerders in die hele Vrystaat!

12 leerders word boonop hier aangewys as deel van die Vrystaat se top 50, nl. Carlise Botha, Christiaan Wilken, Marietha Pool, Anria de Beer, Stephanie Hattingh, Carli Jacobs, Larisca Labuschagne, Lize Loubser, Zané de Villiers, Inge Pretorius, Marlé van der Merwe en Anri van der Walt. Dit wil sê dat die Vrystaat se top 50 uit byna 25 persent JF’ers bestaan!

Maar die prestasies stop nie daar nie. Jim Fouché se Wiskunde Departement word ook vir die hoeveelste agtervolgende jaar aangewys as een van die top 10 presterende wiskundeskool in die Vrystaat.

JF is sowaar ’n top skool in élke vakgebied! Ons kan dit duidelik waarneem as ons kyk na die 16 leerders wat vir al 7 hul vakke onderskeidings behaal het! Die prestasies stop nie eers daar nie – 3 van JF se leerders het selfs vakonderskeidings in elk van hul 8 vakke behaal.

In JF is amper elke matriekleerder ‘n onderskeiding gewaarborg. Uit 2023 se 190 matrieks, is ’n skitterende somtotaal van 341 onderskeidings behaal!

By JF word leerders in elke aspek van hul menswees voorberei vir die grootmenswêreld, maar wat betref jou akademiese toekoms, rus JF jou toe met ’n hoogs gesogte opvoeding en voorbereiding vir universiteit. Van al ons matrieks het 91% universiteitsvrystelling, d.w.s. hulle kan verder vir ‘n BA-graad by die universiteit van hul keuse gaan studeer.

Ons as JF glo vas daaraan dat dit wat ons saai, sal ons oes! En die oes was gróót!

Die JF-matrieks van 2023 het vir vyf jaar lank getrou die goeie saad van getrouheid en harde werk gesaai, hetsy in die klaskamer of by die huis. En nou sal hulle vir die res van hul lewens die ryke oes van hul arbeid geniet!

Berig deur: Jaco Deysel

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester Sport Sportuur Aug 25, 2026

JF vs Grey: Wie sê dis verby?

As jy op 3 Augustus 2026 langs die hokkieveld gestaan het, sou jy dalk vibreer het van opgewondenheid, maar ook ’n tikkie spanning. Want JF se eerste span het teen Grey in die halfeindstryd gespeel, en met Grey se sterk geskiedenis in sport het niemand geweet wat om te verwag nie.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.