JF OESTER

Een streep-baadjie vir ’n ander …

Dec 5, 2023

Juf Anso Esterhuizen – A Human

Ons groet JF se grootste ondersteuner met ’n swaar hart.

Na dié bom gebars het, was die gemoedere maar hoog en die trane vlak. Juffrou Anso Esterhuizen, wat vir 7 jaar lank goeie saad by JF gesaai het, maak groet baie moeilk.

Sy verlaat ons vir Hoërskool Grey College, want sy glo dat as mens wil groei, moet jy verander, al is dit hoe moeilik en ongemaklik. Moeilike situasies is wat jou uit jou gemaksones skuif en blootstel aan verbetering…

Aldus juffrou Anso, verseker ’n nuwe omgewing waar min mense jou ken die geleentheid van oor begin, hard werk en nuut van vooraf dink om ’n nis vir jouself te kry.

Juffrou Anso vertel dat sy die meeste na JF se trots en akademiese saalperiodes gaan verlang. Haar hart bars van trots as sy van daar bo af die prentjiemooie pronkende presteerdertjies dophou. Die disipline en maniere van ons saalperiodes, vertel juf Anso, kry jy nie by baie skole nie!

Never, ever, ever give up!

Dis juffrou Anso se lewensmotto en hoe sy elke dag aanpak. Haar uit-die-bed-kry-stukkie van Kung Fu Panda sê die volgende: “Yesterday is history, tomorrow is a mistery. But today …. Today is a gift, and that’s why it’s called the present…”

Juffrou Anso verlaat ons dalk as Biologie-onderwyser, maar moenie komkommer nie, sê sy. Haar passie gaan net so voort leef in die klasse van Grey. Sy gaan daar ook vir graad 10-12 Biologie aanbied en daar die spanbestuurder of afrigter van ’n hokkie- of muurbalspan word. Sy het ’n groot behoefte om die kinders op só ’n manier ook beter te leer ken.

Juffrou Anso sluit af met die laaste groen gedagte: “JF, gebruik elke oomblik en geleentheid wat dié skool vir jou bied. Jy het net een hoërskoolloopbaan, gaan en geniet elke dag voluit! Droom groot DROOM JF!”

Tot siens, juffrou Anso.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.