JF OESTER

Nuwe bemarker wil verskil maak

Oct 17, 2023

Berig Deur Annatjie Human

’n Nuwe personeellid, meneer Louis Pretorius, het hom onlangs by JF aangesluit. Hy is JF se nuwe Bemarkingskoördineerder, en hy is hier om ‘n verskil te maak!

Meneer Pretorius het sy eie bemarkingsbesigheid en geniet dit om met verskillende persoonlikhede en verskillende besighede te werk. Hy sê vir hom is die lekkerste deel van bemarking om die verskil wat hy in kinders se lewens maak te sien.

Sy visie vir JF is “om vir enige leerder van JF ’n basis te kan skep waarop hulle kan trots wees.” Dit is die droom wat hy as nuwe bemarker wil help verwesenlik.

Sy lewensmotto is: “Daar is ‘n rede hoekom die windskerm van ‘n kar groter is as die truspieëltjie!” (Dit is altyd belangrik om vorentoe te kyk, en nie terug nie.)

Meneer Louis ervaar tot dusver die goeie dissipline van Jim Fouché baie aangenaam en geniet die personeel saam met wie hy werk. Wanneer hy nie werk nie, geniet hy dit baie om gholf te speel en ook om tyd saam met sy gesin deur te bring.

Die Oester het vir hom ’n paar kitsfeite gevra:

Honde of katte: Honde.

Koffie of tee: Tee.

Pizza of braaivleis: Braaivleis.

See of Bosveld: See.

Riller of komedie: Komedie.

Die JF-familie verwelkom hom hartlik, en weet dat hy vir seker ’n groot verskil gaan maak!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.