JF OESTER

Rand vs. dollar-konflik bied hoop vir Suid-Afrika

Jul 21, 2023

Berig Deur Jaco Deysel

Rand vs doller 2023

Suid-Afrika het met baie opwinding na ’n belowende 2023 – propvol ekonomiese deurbrake – uitgesien nadat die Suid-Afrikaanse rand teenoor die Amerikaanse dollar vroeër vanjaar sy sterkste waarde in 180 dae bereik het!

Die rand het hierdie stryd met ‘n knal afgeskop. Op 12 Januarie 2023 was die rand ‘n skokkende R16,721 in waarde teenoor die Amerikaanse dollar – die beste waarde in 180 dae.

Ekonome het nog meer rede gehad om aan die gons te wees aangesien die rand in 2022 met 4,62% teenoor die Amerikaanse dollar gedaal het. Selfs met beurtkrag op sy piek was almal op hul tone oor die hoopvolle toekoms van die voortslepende rand vs. dollar-stryd.

Hierdie hoopvolle brokkie nuus is egter in ’n oogwink in die wiele gery. Slegs 3 maande ná die rand se triomf op 14 April 2023, het die Amerikaanse dollar die bordjies kom verhang, en die rand bereik sy swakste waarde in 180 dae teenoor die Amerikaanse dollar. Suid-Afrika was in totale ongeloof nadat die wisselkoers van R19,003 teenoor USD hulle in uiterste skok gelaat het.

Ondanks ’n moeilike en ongelyke begin van die jaar, voorspel kenners egter dat Suid-Afrika steeds in 2023 ’n versterking in die rand sal sien en dat daar beslis hoop vir die rand in dié stryd is!

Sebastian Steyn, ’n Forex-spesialis by Sable International, verdedig die swak prestasie van die rand in 2022 deur aan te voer dat Suid-Afrika in 2022, nes die meerderheid ander nasies, ernstig deur inflasie geraak is. Hy glo hierdie daling in die rand in April 2023 is egter verstaanbaar aangesien die energiekrisis beide besighede en landsburgers geraak het.

Beurtkrag was ’n bydraende faktor wat ’n rol gespeel het en ’n groot negatiewe uitwerking op die rand se waarde in 2022 gehad het. Die Suid-Afrikaanse ekonomie het egter ongelooflike sterkte getoon, en BBP- en ekonomiese groei word steeds vir 2023 verwag.

Die stryd tussen die rand en Amerikaanse dollar is nog lank nie verby nie! Die Amerikaanse dollar mag dalk dink dat hulle die mag in die hande het, maar Suid-Afrika het beurtkragkersies in die hand en hulle brand helderder as ooit tevore.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester Sport Sportuur Aug 25, 2026

JF vs Grey: Wie sê dis verby?

As jy op 3 Augustus 2026 langs die hokkieveld gestaan het, sou jy dalk vibreer het van opgewondenheid, maar ook ’n tikkie spanning. Want JF se eerste span het teen Grey in die halfeindstryd gespeel, en met Grey se sterk geskiedenis in sport het niemand geweet wat om te verwag nie.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.