Hoërskool Jim Fouché groet met seer harte ons liewe juffrou Betsie Magnus, of soos sy sê: Die juffrou wat nooit groot geword het nie.
Gee ’n snoet ’n tweede kans — Kom haal jou nuwe beste maatjie by Huistoe!
Op die rand van Bloemfontein lê ’n klein, maar buitengewoon toegewyde hondeskuiling, wat elke dag die stryd teen ’n groeiende krisis voer: te veel honde, te min huise.
Nuwe gesigte, nuwe stories!
Hoërskool Jim Fouché het onlangs nóg ’n paar nuwe onnies by dié droomspan gevoeg – en ons is BAIE opgewonde daaroor! Hulle het sommer vroeg-vroeg in ons groen harte ingeklim.
Wilken wys wie’s baas op die krieketveld
Cobus Wilken is besig om sy naam stewig in die krieketwêreld te vestig.
Buitelugskool: ’n Week vol modder, stap en opwinding
Die begin van Februarie was ’n week wat by ons graad 9’s sal bly. ’n Week waar ons mekaar waarlik kon leer ken.
Groen en goud: JF skitter op die akademiese front
Jy skryf verwoed. Vraestelle word ingeneem. Dit word iewers by ’n merksentrum gemerk, en jy is angstig verby! Dis hoe byna alle matrikulante se finale eksamen opgesom kan word.
Stranger Things 5 was Teleurstellend!
Stranger Things 5 was teleurstellend. Ek en talle ander aanhangers van hierdie reeks is gelos met nog soveel vrae, en soveel dinge maak eenvoudig nie sin nie. Ja, dit was steeds vermaaklik en lekker om te kyk, maar sekere goed het my bloed laat kook.
Wanneer respek ’n leefwyse word.
Gedurende ons onlangse Waardeweek het een waarde oral op die skoolterrein sigbaar geword — nie net op plakkate of aankondigings nie, maar in die klein oomblikke wat maklik misgekyk word.
JF KRIEKET NEEM DEEL AAN KOVSIES SMASH
JF se 2026-krieketseisoen het hierdie jaar reeds vroeg afgeskop met die Kovsies Smash wat vanaf 5 tot 9 Januarie 2026 (gedurende die vakansie) plaasgevind het.
‘n Lekker ‘lang’ naweek – Ja, net hier by die skool.
Die gr. 8’s is op 18 Januarie 2026 al om 05:00 op ‘n Saterdagoggend voor die skool se hekke afgelaai om ’n lekker naweek saam met hul voogde en die res van die VRL-lede te geniet.










