JF OESTER

Stranger Things 5 was Teleurstellend!

Feb 5, 2026

Berig Deur Diaan Liebenberg

Stranger Things 5 was teleurstellend. Ek en talle ander aanhangers van hierdie reeks is gelos met nog soveel vrae, en soveel dinge maak eenvoudig nie sin nie. Ja, dit was steeds vermaaklik en lekker om te kyk, maar sekere goed het my bloed laat kook.

Waarskuwing: ernstige spoilers hieronder.

Max word uiteindelik wakker en bevraagteken glad nie dat Hopper nog lewe nie, ten spyte daarvan dat almal geglo het hy is dood toe sy nog in ’n koma was. Holly is ewe skielik die belangrikste karakter en het die interessantste storielyn, ten spyte daarvan dat sy glad nie ’n belangrike karakter in vorige seisoene was nie.

Geen karakter word werklik doodgemaak nie – jy dink hulle is dood, en dan leef hulle net weer. Die risiko’s wat Stranger Things eens uniek gemaak het, is weg. Eleven doen basies niks en word vervang deur Will. Mike, eens ’n hoofkarakter, voel nou soos ’n bykarakter. Murray, wat ’n belangrike karakter is, is glad nie deel van die ontknoping nie.

Die finale slag teen Vecna en die Mind Flayer is minder as tien minute lank, terwyl die geveg in seisoen 3 baie langer was – en dit was teen ’n Mind Flayer wat tien keer kleiner was. Seisoen 3 se einde is langer, daar sterf iemand, en dit voel meer betekenisvol, terwyl hier ’n sterker antagonis, wat oor nege jaar opgebou is, binne vyf minute doodgemaak word. Dit is glad nie bevredigend nie.

Die hele storielyn van The First Shadow word glad nie hier in detail aangespreek nie en laat dit lyk asof dit nooit gebeur het nie, ten spyte daarvan dat dit as kanon beskryf is. Die hele pas voel gejaagd.

Selfs ek, as iemand wat hierdie storie regtig geniet het, voel nie bevredig deur hierdie einde nie. In vergelyking met die intrige van die vorige seisoene, voel ek net teleurgesteld. Ek wens hulle het meer in detail ingegaan oor Vecna se agtergrond, dat die karakters beter geskryf is, en dat daar ’n meer bevredigende einde was.

Dit is nie sleg nie, maar in vergelyking met die vorige seisoene voel dit asof die skrywers beter kon doen. Ek wéét hulle kon beter.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.