JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.

Joané de Beer
’n Nuwe jaar, nuwe vriende en hope waatlemoen!
Die Voortrekkers weet beslis hoe om die nuwe jaar op die regte noot af te skop! Die Waatlemoenfees is ’n tradisie wat al lank deur die Voorslag Kommando gehou word met die doel om die nuwe kinders wat wil aansluit, te laat welkom voel.
Koben Hofmeyr – ‘n Inspirasie vir almal
Wat sou jy dink as iemand sê hulle het twee verjaarsdae? Jy sou dink hulle is mal, maar Koben Hofmeyr se verduideliking van hoekom hy twee verjaarsdae het, is eintlik heel eenvoudig.
DIE JAAR VAN DIE BABA
Elke persoon het in 2024 ‘n paar nuwe ervaringe gehad, en vir ’n allemintige sés van JF se onderwyseresse was een van hulle nuwe ervaringe die koms van ‘n babatjie.
JF-Leerders Gloei vir Netbal!
Met glowsticks in die hand, en bedek met neon-verf, was die JF-kinders gereed om netbal te speel dat die biesies bewe!
JF-onnies maak litte los!
Taylor Swift, Beyoncé, Justin Bieber… Niemand se konserte vergelyk met Jim Fouché Melodrama 2024 nie! Die Melodrama is alles in een: dans, sing en nóg meer. Dit is waar ons eie onnies hulle heupe beweeg soos nog nooit tevore nie!
Inside Out 2 – Nie net nóg ’n kinderfliek nie!
Moenie die fout maak om te dink dat Inside Out 2 net nog ’n simpel kinderfliek is nie. Gaan doen jouself ’n guns en kyk dit!
Voortrekkers groet ‘n legende
Daar is so baie dinge in die lewe wat moeilik is om te sê, maar min so moeilik soos die woord “totsiens.” In die afgelope tyd moes soveel mense vir oom André Grobbelaar, by die Voortrekkers baie meer bekend as oom Botter, koebaai sê. ’n Goeie man, pa, broer, vriend,...
Voortrekkers: Werk hard; speel nog harder!
Trots op ons uitsonderlik groot groep PV's ♫ Wat maak ‘n kamp so lekker? Dis koffie, pap en wors. ♫ En dis nie al wat Voortrekkers so lekker maak nie. ♫ Voortrekkers is ’n kombinasie van verskillende aspekte: waardes, pret, uitdagings en nóg meer pret! Waarvoor elke...