JF OESTER

JF-onnies maak litte los!

Aug 8, 2024

Berig Deur Joané de Beer

Taylor Swift, Beyoncé, Justin Bieber… Niemand se konserte vergelyk met Jim Fouché Melodrama 2024 nie! Die Melodrama is alles in een: dans, sing en nóg meer. Dit is waar ons eie onnies hulle heupe beweeg soos nog nooit tevore nie!

Die vertonings is sterk afgeskop deur This ain’t Texas gesing deur Beyoncé, ook bekend as juffrou Cherietha Wagener. Met haar agtergronddansers, almal geklee in regte “cowboy”-uitrustings, het hulle die aand op ’n baie goeie noot afgeskop.

Volgende was daar ’n interessante, kontemporêre stuk met strandballe, opgevoer deur ‘n groepie jong vroulike onderwysers. Dit was definitief ’n ánder interpretasie van die liedjie geskryf deur Adele.

Die menere Johan, James, Hanno en Corné, het die aand gereeld gesig gewys en ons met ’n páár optredes bederf, onder andere Radio Ga Ga deur Queen. Vir ’n beter “boy band” kon ’n mens nie vra nie!

‘n Item wat ons almal se harte baie sag gemaak het, is die een deur ene meneer en mevrou Wilken. Hulle het ‘n Shania Twain-treffer opgetree met die oulikste troufoto’s in die agtergrond.  ’n Ware getuienis van liefde.

Juffrou Suanne het ook gewys dat sy nie eers nódig het om te lip sync nie, omdat sy ’n goue stem het wat gehoor móét word! Sy het ’n wonderlike, hoendervleisweergawe van die gewilde Beautiful Things deur Benson Boone gesing. Dit is definitief veilig om te sê dat ons monde aan die einde van dié liedjie oopgehang het.

Daar was nog ’n klomp merkwaardige optredes: High School Musical-liedjies, Barbie, ’n Afrikaanse liedjie-medley en Dark Horse van Katy Perry, baie dramaties en oortuigend opgetree deur juffrou Michelle Joubert en haar span dansers.

Meneer Murpy het ons ook gewys dat hy ’n regte spiertier is wat die rugbyseuns laat skraal lyk. ’n Redelike klompie meisies het ietwat gebloos toe al sy spiere wys.

Hierdie hele avontuur van ’n aand is gelei deur die seremoniemeester, Almero Welgemoed snr. (Ja, dáái Almero Welgemoed se pa.) wat seker gemaak het dat ons tussen vertonings aanhou lag.

Die Melodrama dié jaar was een wat almal laat saamdans het, saamsing het, en skaterlag het, en definitief een om oor huis toe te skryf!

Joané de Beer

JF-onnies maak litte los!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.