JF OESTER

Koben Hofmeyr – ‘n Inspirasie vir almal

Feb 13, 2025

Berig Deur Joané de Beer

Wat sou jy dink as iemand sê hulle het twee verjaarsdae? Jy sou dink hulle is mal, maar Koben Hofmeyr se verduideliking van hoekom hy twee verjaarsdae het, is eintlik heel eenvoudig: Alhoewel sy verjaarsdag in September is, sien hy 19 Mei as sy verjaarsdag, want “Op 19 Mei 2018, is ek wedergebore.”

Koben het op net vyftien jaar oud sy nek gebreek tydens ‘n rugbywedstryd weens ‘n verkeerde “tackle” waar sy kop tussen ‘n ander speler se bene verstrengel geraak het. Nadat hy vir ‘n halfuur op die veld gelê en gewag het vir mediese hulp, het die dokters later die nuus aan sy ouers gebreek dat hul vyftien jarige seuntjie vir die res van sy lewe vanaf sy nek ondertoe verlam gaan wees.
Hierdie nuus was absoluut skokkend en hartverskeurend, maar dit was nie die einde nie. Na ‘n enkele ou beweginkie in sy vinger en intensiewe rehabilitasie, het Koben ‘n jaar later sy eerste tree gee en vandag gebruik hy slegs krukke om rond te beweeg.

Koben het hierdie getuienes gebruik om op 29 Januarie vir JF ‘n boodskap te lewer. Die oggend het hy vir die hele saal tydens die JF – periode hierdie getuienes gelewer om inspirasie en dankbaarheid in elke JF’er se hart te kweek. Hy het elkeen laat besef hoeveel dinge ons werklik het om voor dankbaar te wees en het almal ‘n bietjie dieper laat dink met die volgende woorde: “As jy kan kla oor hoe moeilik jou lewe is, dan het jy nog ‘n lewe om voor dankbaar te wees.”

Koben het egter die aand by JFFJ ‘n bietjie dieper gedelf en hy het onderwerpe aangespreek wat vir elkeen in JF toepaslik is. Aan die begin van sy boodskap het hy gesê: ”Te danke aan die ongeluk het ek so baie wysheid en insig gekry. Wysheid en insig wat meeste mense eers laat in hulle lewe kry.” En dit is beslis so, want elke woord wat Koben gesê het, was ongelooflik insigewend. Koben het gesels oor hoe hy voor die ongeluk was – ‘n ongeskikte, arrogante, disrespekvolle kind wat alles gesoek het soos hy dit wou hê en iemand wat sou manipuleer, lieg en bedrieg totdat hy dit gekry het. So het hy by die skool opgetree, maar ook teenoor sy pa. Hy en sy pa het gereeld vasgesit en baklei en wat Koben volgende gesê het, dink ek het by baie mense vasgesteek: ”Ek voel so skuldig oor al die jare voor die ongeluk wat ek so teenoor my pa opgetree het, ek wens ek kon dit terugneem. As ek geweet het wat vir my gewag het, sou ek miskien anders opgetree het.” Dit is ‘n les vir so baie van ons in JF dat maak nie saak wat jou ouers doen nie, jy hulle nog steeds met liefde, respek en danksegging in oorvloed moet hanteer, want jy weet nooit wat kan gebeur nie.

Nog ‘n fokuspunt waarop Koben klem gelê het, is wêreldse dinge. Voor sy ongeluk, was hy so gefokus op aardse dinge, hetsy dit prestasies, vriende of verslawings was en dít is iets waarmee almal ooreen kan stem. Ons is so dikwels gefokus op dinge hier op aarde, terwyl ons fokus op hemelse dinge moet wees. Koben het sulke heldere duidelikheid na sy ongeluk gekry oor die dinge wat werklik saak maak en hy het almal ook herinner dat die dinge wat jy nou as baie belangrik ag, oor veertig jaar heel moontlik nie meer vir jou belangrik gaan wees nie.

Koben het afgesluit met die idee dat jy nog hier sit, wat beteken dat die Here nog steeds vir jou ‘n doel het. As jy vanoggend opgestaan het, beteken dit dat die Here nog ‘n plan vir jou lewe het en jou nog steeds op aarde soek.
Laat Koben Hofmeyr se storie en getuienis vir ons almal ‘n herinnering wees om beter te leef vir die Here, om ons ouers met absolute respek te hanteer, om te weet ons is met ‘n doel op aarde en om te bly vasklou aan die Here selfs wanneer dit moeilik en onmoontlik voel.

Jesaja 40:31: (Nuwe Internasionale Vertaling) – “But those who hope in the Lord will renew their strength. They will soar on wings like eagles, they will run and not grow weary, they will walk and not be faint.” – Die Bybelvers wat Koben aan vasgeklou het tydens herstel en rehabilitasie.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.