JF OESTER

DIE JAAR VAN DIE BABA

Jan 29, 2025

Berig Deur Joané de Beer

Elke persoon het in 2024 ‘n paar nuwe ervaringe gehad, en vir ’n allemintige sés van JF se onderwyseresse was een van hulle nuwe ervaringe die koms van ‘n babatjie.

Oor ‘n tydperk van ‘n jaar het juffrou Ilse Fourie, juffrou Aniéke Ferreira, juffrou Soné Janse van Rensburg, juffrou Camille Schoeman, juffrou Adéle Opperman-Marais én juffrou Isabel Theron ‘n nuwe toevoeging tot hul gesin gekry.

Die eerste baba van hierdie ses is Ida Hanna Fourie wat in November 2023 gebore is. Daarna is Estelle Ferreira in die middel van 2024 gebore, gevolg deur Hanri Janse van Rensburg wat in Oktober gebore is. Kort na mekaar is Ignus Opperman-Marais en Klara Schoeman in November 2024 gebore. Nou wag ons ook net vir Mila Este Theron om haar verskyning in Februarie te maak.

Maar laat ons nie vergeet van die nuwe JF-pappas nie. Meneer Hanno Vermeulen se vrou het in Januarie geboorte aan ’n pragtige dogtertjie geskenk, terwyl ook meneer Jacques van der Merwe en sy vrou hul kleinding inwag. En dit sal dan (sover ons weet) eers die laaste van die JF-babas wees!

Ek dink dat dit geen toeval is dat al hierdie onderwysers se wense vir hul kinders op presies dieselfde neerkom nie. Elkeen wens dat hulle kinders die Here sal vind, Hom getrou sal volg, sy Woord sal uitleef en sal weet hoe geliefd hulle is. Dit getuig van die pragwaardes van hierdie mense, en daar is geen twyfel dat hulle dié waardes aan hulle kinders sal oordra nie.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.