JF OESTER

JF het gepraat: Mini-astro op die wenslys

Apr 17, 2026

Berig Deur Theani Botha

Verbeel jou jy is vir een dag skoolhoof… Wat sou jy doen? Dalk lugverkoelers in elke klaskamer om ons deur die Januarie-oond te kry? Of dalk ’n gratis “vending machine”?

Om 2026 af te skop, het ons in ’n V&A vir die leerders hierdie vraag gevra, en hulle antwoorde was alles van prakties tot ongelooflik kreatief. Maar een ding is seker: JF-leerders het groot drome en ’n nog groter liefde vir hulle skool.

Wat regtig indrukwekkend was, is dat leerders nie net met groot en onrealistiese idees vorendag gekom het nie. Nee—hulle het gedink aan dinge wat hul skoollewe sou verbeter en tot voordeel van die hele skool sou wees.

Die mini-astro het by baie bo-op die lys uitgekom as nommer een prioriteit. Die hoof-astro, wat in 2023 opgeknap is, is pragtig. Maar is een blink astro genoeg vir JF se tonne talent?

Dit lyk soms of die hoof-astro se skedule al vol genoeg is. Om die klein outjie reg te maak, sou dalk net goeie oefentyd vir ons hokkiebokkies gee – dié kinders wat daardie Wesgrow-beker met soveel entoesiasme najaag.

Dit is duidelik dat leerlinge groot idees en kreatiwiteit oor hulle skoolomgewing koester. Van die mini-astro, tot lugverkoelers, en selfs idees wat net dié mense met ’n bietjie flair sou voorstel, wys hoe hulle aan hul skoollewe, én hoe dit verbeter kan word, dink. Al is nie alles moontlik nie, is dit wonderlik om te sien hoe passievol hulle oor hulle skool is. (Maar miskien is daar nou ’n saadjie geplant dat sommige van hierdie idees in die toekoms ’n werklikheid kan word!)

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.