JF OESTER

Talente onder ’n maatemmer wegsteek? Nog nooit nie!

Mar 18, 2026

Berig Deur Karli Botha

Op Donderdag, 26 Februarie 2026, het die leerders van Jim Fouché weer gewys wat in hulle steek met die jaarlikse JF’s Got Talent.

Die tema van Golden Oldies het deurgekom in die goud, swart en silwer versierings wat die hele saal opgekikker het. Dit het werklik gevoel asof ons teruggegaan het in tyd … Veral met Elvis Presley en Bob Ross wat hulle verskyning gemaak het!
Die atmosfeer was elektries, en dit was duidelik dat die gehoor die geleentheid besonders baie geniet het.

Daar was ’n klomp talentvolle leerders wat deelgeneem het. Hulle het ’n verskeidenheid talente vertoon, onder andere sang, dans, kitaar en klavier speel, en van hulle het selfs hulle eie liedjies geskryf en getoonset. Die gehoor was met tye so stil dat jy ’n speld kon hoor val soos hulle verwonderd gesit en luister het met onderkake wat op die grond hang.

Vir Khanyisile Zwane was dit veral ’n spesiale aand. Sy het 4 jaar gelede – in graad 8 – vir die eerste keer deelgeneem en ’n eerste plek verower, sowel as die gehoorgunsteling. Sy eindig haar JF’s Got Talent-loopbaan deur wéér ’n eerste plek en gehoorgunsteling te wen. En dit boonop in haar matriekjaar!

“Dit het so nostalgies gevoel. Dit was werklik ’n “full circle moment!” is haar kommentaar.
Die aand was voorwaar ’n belewenis vir elkeen, of jy nou gedans en gesing het, en of jy net kom kyk het. Dié aand was groot pret, en JF kan eerlik sê dat die talent uit sy nate bars!

Ons sien uit na die Talent Clash teen Hoërskool Sentraal later dié jaar waar die top 3 deelnemers tydens die Classic Clash-week gaan kompeteer.
Baie sterke met julle voorbereiding!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.