JF OESTER

Groen en goud: JF skitter op die akademiese front

Feb 5, 2026

Jy skryf verwoed. Vraestelle word ingeneem. Dit word iewers by ’n merksentrum gemerk, en jy is angstig verby! Dis hoe byna alle matrikulante se finale eksamen opgesom kan word. Maar al was die spanning hoog en die naels kort gekou, het die matrieks van 2025 in Hoërskool Jim Fouché  goue uitslae verwerf!

>Daar is behoorlik fees gevier toe die gr. 12-leerders hul eindeksamenuitslae op 13 Januarie 2026 gaan haal het, met ’n slaagsyferpersentasie van 99,5% Daar is altesaam 271 onderskeidings verwerf, waarvan een leerder 9 onderskeidings, agt leerders 7 onderskeidings, drie leerders 6 onderskeidings en nege leerders 5 onderskeindings verwerf het.  25 leerders het ‘n gemiddeld van 80% en hoër behaal en 92,9% van die matrieks het universiteitstoelating (tot ’n Baccalaureus-graad) ontvang.

Jaco Deysel, die hoofseun van 2025, asook die leerder wat nege onderskeidings verwerf het, is as die top matrikulant van die Vrystaat aangewys met ‘n gemiddeld van 95,3%. Janeli Saaiman (92,4%), Amoné Verwey (90,7%), Leané de Villiers (88,6%), Janah Swarts (89,1%), and Wihan Coertzen (88,3%) is ook almal aangewys as deel van die top 50 matrikulante in die Vrystaat.

Met hierdie soorte presasies sal ‘n mens maklik-maklik dink dat gr. 12-werk maklike punte is, maar hierdie matrieks het die skool se leuse ter harte geneem: “Saai om te oes.” Hulle het skouer aan die wiel gesit, en werklik die vrugte gepluk – ’n voorbeeld vir ons almal!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.