JF OESTER

Divan Venter – The Next Karate Kid!

Oct 28, 2025

Berig Deur Karli Botha

JF se eie Protea-karateka, Divan Venter, het sedert die begin van sy karateloopbaan al hoë hoogtes bereik. 

Maar waar het alles begin?  Venter het op die ouderdom van 7 eendag by sy pa in die kar geklim waar hy hom uit die bloute gevra het of hy karate kan doen.  Sy pa het ingestem, en die res is geskiedenis!

Divan oefen tot 6 dae per week, en hy meld ten minste een keer per maand by die nasionale span aan; daarom pluk hy die vrugte van sy harde werk.  Divan se karate het hom al na baie opwindende bestemmings geneem, onder andere Italië en Zimbabwe.

Nadat hy dié jaar sy Proteakleure verwerf het, het hy die geleentheid  gekry om as ons land se top junior karateka aan die 8ste Karate-Do Goju-Kai-wêreldkampioenskappe in Japan deel te neem.  Dit het vanaf 8 tot 11 Augustus 2025 plaasgevind.  Hy het oorspronklik gegaan met die doel om ten minste een geveg te wen, maar hy het sy eie verwagtinge oortref en huis toe gekom met ’n silwer medalje om sy nek.  Daar was 2300 inskrywings uit 38 lande wêreldwyd.  Sy strategie vir Japan was om nie te fokus op die uitkoms nie, maar eerder om sy deelname al reeds te sien as ’n mylpaal.  Venter het die kompetisie gebruik as voorbereiding vir die Beach Games wat in Oktober 2025 plaasvind.

Die hele JF-familie is trots op hom en hou sy karateloopbaan met belangstelling dop.  Skop hoog en droom groot!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.