JF OESTER

Lus ‘n bietjie Ont-

Oct 14, 2025

Berig Deur Gé Coetzee

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed. Die Verteller staan op die drumpel van selfaanvaarding en bevryding, maar moet eers ’n bestekopname doen van die herinneringe uit sy kinderjare en die spoke van sy ouers. Hy lê verskeie grepe soos familiefoto’s voor die gehoor se voete neer en neem hulle op ’n reis van verlies, ontnugtering, identiteit, pyn en vreugde.”

Die KKNK 2025 toerkinders het die finale opvoering gekyk. In hierdie toneelstuk skep die karakter beelde en maak die stemme van sy familie na met die hulp van poësie en ’n paar sentimentele voorwerpe wat aan sy gesin behoort het, soos byvoorbeeld sy ma se grammofoon.

Daar is vir vyf jaar lank plaaslik en internasionaal met die toneelstuk getoer in beide Afrikaans en Engels (as Undone). Die toneel het vier Fiësta-pryse, ’n Woordtrofee en ’n goue Standard Bank Ovation-prys gewen.

In hierdie stuk word die verhaal van die karakter en sy fiktiewe herinneringe deur ’n meer volwasse lens bekyk. Verskeie snare in jou hart sal gepluk word deur hierdie eenmanvertoning.

AKTEUR: Wian Taljaard
TEKS EN REGIE: Wessel Pretorius

BRONNE:

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."