JF OESTER

Lus ‘n bietjie Ont-

Oct 14, 2025

Berig Deur Gé Coetzee

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed. Die Verteller staan op die drumpel van selfaanvaarding en bevryding, maar moet eers ’n bestekopname doen van die herinneringe uit sy kinderjare en die spoke van sy ouers. Hy lê verskeie grepe soos familiefoto’s voor die gehoor se voete neer en neem hulle op ’n reis van verlies, ontnugtering, identiteit, pyn en vreugde.”

Die KKNK 2025 toerkinders het die finale opvoering gekyk. In hierdie toneelstuk skep die karakter beelde en maak die stemme van sy familie na met die hulp van poësie en ’n paar sentimentele voorwerpe wat aan sy gesin behoort het, soos byvoorbeeld sy ma se grammofoon.

Daar is vir vyf jaar lank plaaslik en internasionaal met die toneelstuk getoer in beide Afrikaans en Engels (as Undone). Die toneel het vier Fiësta-pryse, ’n Woordtrofee en ’n goue Standard Bank Ovation-prys gewen.

In hierdie stuk word die verhaal van die karakter en sy fiktiewe herinneringe deur ’n meer volwasse lens bekyk. Verskeie snare in jou hart sal gepluk word deur hierdie eenmanvertoning.

AKTEUR: Wian Taljaard
TEKS EN REGIE: Wessel Pretorius

BRONNE:

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.